Welkom by Orania!

Orania is ‘n selfstandige Afrikaner- gemeenskap wat streef na Afrikanerselfbeskikking binne ‘n federale Suid-Afrika. Die Orania Beweging is ‘n kultuur-politieke instelling wat steun werf vir die ideaal van Afrikanerselfbeskikking.

Nuus

  • IMG_0237
    Handige patent op Nampo

    ‘n Rukkie voor sy dood het prof Carel Boshoff  ‘n aandeel gekoop in ‘n plaaslike besigheid wat patente ontwikkel en vervaardig. Sy seuns het die aandeel oorgeneem, en sal saam met die vervaardiger by hierdie jaar se NAMPO uitstal. Glo my maar as ek sê dat jou beesboerdery heelwat makliker sal verloop met hierdie toestelle [...]

  • Moedersdag ete 2012 Volkskool (1)
    Moedersdag

    Ek staan telkens verstom om te sien hoeveel weldoeners kan opoffer vir ‘n goeie saak. Een van hulle het aangebied om ‘n Moedersdagete voor te berei en aan te bied ten bate van Volkskool Orania se fonds. Hy en sy vrou het meeste van die werk gedoen, maar helpers het van die disse help berei, [...]

  • OB kantoor opknap (6)
    Opknapping van kantoor

    Dis gelukkig beplande chaos! Die Orania Beweging se kantore word tans opgeknap en nuut geverf. Hopelik sal besoekers binnekort ‘n vars nuwe ontvangs beleef! Kom kyk gerus vanaf ongeveer Juniemaand.

  • Nerina geysers (12)
    Songeysers

    Ons kry op ‘n feitlik daaglikse basis oproepe van veral jonger mense wat dringend werk en blyplek soek. Van hulle is dikwels ankerloos, en die Helpsaamfonds probeer voorbly met veral gesubsidieerde woonplek. Nerina is die dameskompleks in aanbou, en songeysers word tans opgesit sodat loopkostes darem binne perke bly. Bydraers tot hierdie belangrike projek kan [...]

  • Slagte plek om te breek (1)
    Breek op ‘n slegte plek

    Dis nooit lekker as jou vragmotor breek nie, maar om by die besigste 4-rigting stop in Orania te bly staan, is regtig nie ideaal nie. Gelukkig kon die man redelik vinnig gehelp word om van die pad af te kom, en was hy binne ure weer op koers.  

  • Duiwe losgelaat (13)
    Vliegduiwe losgelaat

    Entoesiaste van de Aar het hierdie naweek hulle duiwe by Orania vrygelaat vir die vlug van net meer as ‘n uur na hulle tuiste. Blykbaar word vliegduiwe nogal ernstig verwar deur sekere metaalbevattende rotsformasies of bronne van  radioseine, en verdwaal dikwels, soms sonder om gevind te word.

  • Boereplan (2)
    Boufront

    Die boufront is so aktief soos altyd, en ons hou vordering met belangstelling dop. Met elke voltooide huis staan daar nog ‘n monument vir Orania se weldeurdagte plan. Niks kom maklik nie, maar die vasbyters beskou dit as ‘n uitdaging, en algaande sal die middelorde ook begin om die pioniers op te volg, en binnekort [...]

  • Pyp gebars Mei 2012 (1)
    Pypbars vinnig herstel

                ‘n Noemenswaardige bars op die landbou-waterlyn het die pad laat lyk asof daar groot reën was, en die pad moes gesluit word terwyl die breuk herstel is. ‘n Paar jaar gelede kon selfs kleiner herstelwerk dae neem omdat toerusting en onderdele nie beskikbaar was nie. Deesdae gaan dit baie [...]

  • Laaste lig
    Versorger gesoek

    Ek is desperaat op soek na iemand wat ons kan help met die versorging van my pa.  Ek het gewonder of daar miskien iemand is wat dalk sou belangstel om buite die grense van Orania te gaan werk.  My pa woon in ‘n aftree oord in Brakpan, Gauteng.  Hy is 88, is getroud, maar sy [...]

  • C Holm uitstalling Volkskool (5)
    Suksesvolle kuns uitstalling

    Wanneer is ‘n kuns-uitstalling suksesvol? Na my mening wanneer die gehoor dit geniet, verkope van kunswerke goed verkoop en dit waarde toevoeg tot ‘n gemeenskap. Hierdie uitstalling van Cornelia Holm oor die langnaweek voldoen! Die uitstalling is aangebied by die Volkskool as deel van die langnaweek se feestelikhede, het 3 dae geduur en daar was [...]

Nuusargief