Hiermee word oud en jonk hartlik uitgenooi om deel te neem aan 2009 se Afrikaanse wetenskapfiksie en fantasieskryfkompetisie.
1. Opdrag: Skryf ‘n Afrikaanse wetenskapfiksie of ‘n fantasiekortverhaal van jou keuse.
1.1 Hou die lengte van jou verhaal tussen 1000 tot 5000 woorde (meer is beter as te min).
1.2 Let op suiwer Afrikaanse wiskundige, wetenskaplike, biologiese, rekenaar-, mediese, sterrekundige, geskiedkundige en tegniese terminologie.
1.3 Bou sterk en oortuigende karakters. (karakterisering).
1.4 Werk aan funksionele en praktiese gedagtes en dialoë tussen jou karakters.
1.5 Skep ‘n oortuigende milieu waarin jou verhaal afspeel (verkieslik in en om Orania).
1.6 Beperk jou tot een storielyn. Daar is geen beperking op die gebied van intriges nie.
1.7 Maak gebruik van suiwer Afrikaanse idiomatiese taalgebruik.
1.8 Let op korrekte spelling en vermy die gebruik van uitheemse woorde bv. Engels, Duits ens.
1.9 Kyk na die gebruik van nuutskeppinge in jou verhaal. Afrikaans is ‘n lekker taal, gebruik dit.
1.10 Let ook op jou styl.
2. Inhandiging: Sluitingsdatum vir jou kortverhaal is 5 September 2009 en die wenners sal aangekondig word in Maart 2010.
Stuur jou kortverhaal en inskrywing aan: seunenmalinda@yahoo.com
- Heg asseblief jou kortverhaal aan jou vonkpos getitel: MY VERHAAL
- Heg die inskrywingsvorm afsonderlik aan jou vonkpos getitel: INSKRYWING
3. Pryse: Twaalf van die beste kortverhale sal gebind word in ‘n bundel.
Eeste plek: Ontvang ‘n silwer medalje, ‘n kontantprys van Ø1000 en ‘n kopie van die bundel.
Tweede plek: Ontvang ‘n kontantprys van Ø500 en ‘n kopie van die bundel.
Derde plek: Ontvang Ø250 en ‘n kopie van die bundel.
Ander: Nege ander deelnemers ontvang elk ‘n kontantprys van Ø100 elk.
Elke deelnemer sal per vonkpos in kennis gestel word van ontvangs en indien jy niks van ons hoor nie, skakel ons dan gerus by die volgende vonkposadres: seunatw@yahoo.com
Volledige besonderhede by: http://www.afrifiksie.com/
Let daarop dat daar nou ook ‘n fantasie KUNS kompetisie bykom.
Die bundel wat die wenverhale van die 2008 kompetisie bevat, is op Orania beskikbaar (tel: 053 2070 057).

Die bundel van 2008 se wenverhale.