Weens drasties toenemende aanvraag het Orania se bou-aannemers ag geslaan en daar is tans ongeveer 8 bouspanne besig met tien of meer bouprojekte. Vir elke smaak word voorsien, en behalwe vir enkelwoonstelle is daar toenemend huise beskikbaar. Dalk tyd om te kom kyk?
Maandelikse Argief vir Mei, 2010
Die elfde Orania skou was ‘n heerlike pretfees in volmaakte weersomstandighede. Eers moes daar ‘n raserige optog plaasvind:
Dan moet mens kos in jou maag kry:
Nou is dit tyd vir die sterkman kompetisie:
En ook die sterkVROU kompetisie:
En kyk wie was ook op die skou:
En so eindig die eerste dag van die skou, maar nog een slapie en ons begin weer!
Die dag begin vroeg met ‘n fiets versus perd resies oor 10 harde kilometers. Behalwe vir een jaar het die perde nog elke jaar gewen, maar hierdie jaar het ons ‘n fikse fietsryer en enigiets kan gebeur:
Maar die perde gaan nie sommer skrik vir voorkoms nie.
Maar op die end was Gabriel en sy perd die wenners met ‘n rekordtyd vir die nuwe baan! Selfs ‘n paar dapper jongmanne het deelgeneem en ons trots gemaak op ons toekoms.
Van wenners gepraat: die Bewarea se stalletjie het WEER die “Beste stalletjie” toekenning gekry: geluk!
Daar was darem ander oulike stalletjies en mense ook:
En daarmee gegroet tot volgende jaar se vrolikheid!












