
Aspirant uitsaaier!
Tydens ons Wetenskap en Kunstefees leer jongmense om ook later omroepers te word op ons gemeenskapsradio (Radio Orania). Kyk gerus na hierdie knaap se notas!

Volk die skakel hieronder vir die Orania Dorpsnuus koerant.
Orania – Dorpnuus Sept 2010

'n Feestelike atmosfeer!
Die luukse Orania Oewer Hotel is die afgelope naweek amptelik geopen.
Honderde besoekers van heinde en verre het die opening bygewoon. Die hotel is deel van die Orania Oewerpark waar duisende Afrikaners jaarliks lekker kom vakansie hou. Besoek www.oewerpark.co.za en bespreek nou al ‘n plek vir
jou volgende vakansie!

Die Orania Jeugbeweging se logo
Die Orania Jeugbeweging is die afgelope naweek in Orania gestig.
Entoesiastiese jongmense van regoor die land het die stigting bygewoon. Daar word beplan om takke op universiteitskampusse te stig met die Universiteit van Pretoria en die Potchefstroomkampus van die Noordwes Universiteit wat eerste in die ry sal staan. Jong leiers wat Orania ondersteun en takke wil stig kan gerus die Orania Beweging kontak by 053 2070 057.
Die Orania Jeugbeweging se t-hemde is teen R50 elk beskikbaar. Die beweging se doel is om meer jongmense aan Orania bekend te stel en hul by die uitbou van ons ideaal betrokke te kry.

Geboue groei, bome bloei.
Daar is heelwat bou-aktiwiteit aan die gang op hierdie “rustige” dorpie, maar ongelukkig bly plante dikwels in die slag. Daar is moeite gedoen om hierdie boom te behou, maar hy moes ‘n paar takke verloor!

Ons sien dit maar selde!
As selfwerksaamheid jou voorland, en die Karoo jou heimat is, dan het jy BAIE groot waardering vir matige dae met min sonskyn en koel klammigheid. Ons raak dan bekommerd dat werk selfs LEKKER kan raak!

Uitspan in groepsverband
Orania raak gaandeweg gewoond aan die feit dat meer en meer mense wil kom kuier en kyk. Die afgelope naweek is ‘n groep van 18 hier gul ontvang en getrakteer deur plaaslike besigheidsvennote.

Sukkel bietjie met die tweede rat.
Hier begin ons vroeg! Hierdie is ‘n speelding by ‘n plaaslike skool, maar ons glo inderdaad dat opleiding belangrik is! Karakter, vaardighede, persoonlikheid en instelling word vroeg gevorm.

Vrolike Vrydagmiddag.
Sou jy nie graag ook so ‘n kommervrye dag wou beleef nie?

Onthou die tiende Orania Wetenskap- en kunstefees! Kyk gerus na http://www.oranet.co.za/