Maandelikse Argief vir Desember, 2010

Raaisel

Kyk na die fotos hieronder en raai waar dit is, wat hier gedoen word, en hoekom! Geen pryse vir wenners!


Interessante sementstene

Francois de Vos en Jannie Roux by hulle eerste stene

Die bloeiende boubedryf het ‘n plaaslike ondernemer (met ons arbeidsbeleid in sy agterkop) nuut laat kyk na boumetodes. Hy het ‘n gepatenteerde stelsel ondersoek wat van stapelstene gebruik maak, en is selfs nou in die Feestyd kliphard aan die bou aan sy fabriek wat hierdie stene gaan produseer. Sy vennoot, Francois de Vos, staan hom aktief by.

Die gietvorms word met 'n loslaatlaag geverf

'n Betonmengsel word in die vorms gegiet

En na ‘n dag of twee word die stene uit die gietvorm verwyder om vir 2-4 weke te verhard voor hulle verkoop en gebruik word.

Die gegote stene reg vir gebruik

Kerswense

Lig op die pad

Webmeester gaan vir ‘n paar dae van die lug af, en wens namens die personeel van die Orania Beweging aan alle ondersteuners, besoekers en kritici ‘n veilige, rustige Kerstyd. Ons gun elkeen die ruskans, en vertrou dat u dit sal gebruik om te dink: eerstens oor die doel van die Feestyd, maar ook oor die hantering van dit wat oor die wêreld heen gebeur. Ons het ‘n verantwoordelikheid.

Nou MAG ons bou!

Ons bouers het nou sertifikate!

Deursettingsvermoë en hulp van ondersteuners is ‘n gedugte span!

Drie van Orania se bouers (die drie links op die foto) het na maande se studie en oefen hulle vaktoetse gaan aflê by Grinaker se opleidingsgeriewe, en daar ‘n volslae sukses van gemaak! Vandag het hulle egter die bewys daarvan ontvang toe mnr Johan Potgieter van Grinaker se opleidings afdeling self hulle sertifikate kom oorhandig het.

Ons salueer maatskappye wat in deeglike opleiding belê!

Geluk Christo!

Nuutste boerdery

Klein konyn

Orania se nuutste boerdery is ‘n konyntelery wat in die proses is om van Pretoria na Orania te  trek. Ons berig gaandeweg nog oor vordering.

Pienk parade

Selfs die fraaie dames ry nog veilig fiets

Dis ‘n belewenis om te sien en hoor hoe mense ontspan tydens Orania vakansies: ons voel opreg jammer vir almal wat minder vry is as ons. Besoekers wil dikwels vir ure aanmekaar praat oor hulle omstandighede, en ons geniet dit om hulle te laat begaan sodat daar plek gemaak kan word vir meer positiewe denke. Wanneer laas kon jy jou kinders strate toe stuur sonder ‘n sweempie bekommernis?

Kerssang

Ook die kinders sing saam

Daar word ‘n paar  Kersdienste of Kerssangdienste op Orania gereël (deur verskillende Kerke), maar inwoners woon ook oor denominasies heen hierdie feestelike geleenthede by.

Mag u ewe bly en vrolik wil uitsing oor hierdie tyd, ook ten spyte van minder goeie nuus in baie families. Daar is Hoop!

Vakansiegees

Waar sit die remme!!

Tydens ons gereelde Desember vakansieprogram word verskeie prettige items aangebied: heelwat daarvan ook vir kinders.

Geloftefees

Geloftefeesgangers in tradisionele drag

Die Geloftefees (diens en boodskap) word jaarliks baie goed op Orania ondersteun. Weens dreigende reën is dit hierdie jaar onderdak gehou. Kyk gerus na die volgende fotobeeld.

"Ons sal die boodskap aan ons kinders oordra...."

Feesgangers voor die saal

"Ons onderhou dit jaarliks soos 'n sabbat..."

Leer swem!

Hier kom wasgoed vir Ma!

So leer ons die kinders swem! ‘n Lekker bui of twee het ons Geloftefees effe bedreig, maar ons is BAIE dankbaar!