
Die partytjie begin
Die voorlopige program vir die vrolikheid tydens Orania se 20ste verjaarsdag is bekend!
1 April: Kaalvoetkonsert in die gemeenskapsaal
2 April: Trevor Nasser-musiekkonsert
6 April: Fokuspunt van vieringe
08:00-11:00 Rondomtalie jukskei by jukskeibane
Skakelpersoon: Pieter von Rönge 053 2070 020
Toere sal deur die dag beskikbaar wees.
17:00- laat: Straatfees begin met vrolike musiek by Gemeenskapswembad.
18:00 Opening en verwelkoming
18:15 Geleentheidspreker
18:40 Oorhandiging van oorkondes aan oudburgemeesters, ook aan eerste intrekkers; bekendstelling van DVD oor prof Carel Boshoff
19:00 Bekendstelling van nuwe Ora-reeks; veiling
20:00 Bekendstelling van orkes en sanger
20:15 Braaipakkies word beskikbaar gestel
22:00 Musiek en dans
7 April: Skouveiling en gereedmaak van stalletjies
8 en 9 April: Orania Skou
9 April: Kaalvoetkonsert in die Gemeenskapsaal
14- 17 April Volkskool Orania-reünie
14 April 2011 Donderdagaand:
Kuieraand by Volkskool se Kuiergat; oudskoliere en personeel toneelaand.
15 April 2011 Vrydagoggend:
Opedag en optog deur Orania; Gemeenskapsprojek deur die leerlinge.
15 April 2011 Vrydagmiddag:
Begeleide toere deur Orania.
15 April 2011 Vrydagaand:
Eenman-vertoning: Christiaan vd Merwe (kaartjies 20 Ora pp) en daarna opskop in die vierkant by Volkskool, met ekhouvanjou, OKAY! (‘n ‘band’/'bende’ van die PUKKE, facebook hul gerus en luister na hul lekker raserige musiek, kyk ook MK op Kyknet). Kaartjies 10 pp vir hul vertonings by Aan-die-Oewer en in die Vierkant by Volkskool.
16 April 2011 Saterdagoggend:
Ontbyt saam met Christiaan vd Merwe en ekhouvanjou,OKAY!, 2(4)ondersteuners kan by die Vrydagaand vertonings die gelukkige wenners wees!
Begeleide toere deur Orania.
Eenman-vertoning: Christiaan vd Merwe.
Optrede: ekhouvanjou,OKAY!
16 April 2011 Saterdagmiddag:
Sport en ontspanning – Aan die oewer.
16 April 2011 Saterdagaand:
Vingerete, DRAMA EN MUSIEK in Volkskoolsaal en -vierkant.
17 April 2011 Sondagoggend:
Gesamentlike kerkdiens in Volkskoolsaal met jou eie piekniekmandjie.
Huiswaarts tot ons weer ontmoet!! (30jaar Reunie???)