Prof CWH Boshoff is op 83-jarige ouderdom oorlede en op 19 Maart 2011 te Orania begrawe.

Die vlag hang halfmas
Luidsprekers word op die dak van die Gemeenskapsaal aangebring langs ‘n vlag wat halfmas hang.

Huldeblyke kon in boeke aangeteken word

Die kis
Die kis kom by die saal aan en word deur verteenwoordigers van Orania Dorpsraad versorg.

Die saal begin vol word.
Let op die treffende oranje wimpels (driehoeke) teen die swart roubane.
Fotos tot dusver deur Nikke Strydom.

Onderhoud met mnr Boeboe van Wyk
Verskeie huldeblyke is na die diens voorgelees. Mnr Boeboe van Wyk, speaker van die Noord-Kaapse Wetgewer, staan hier ‘n onderhoud toe.

Mnr Abrie Oosthuizen
Die VF+ is amptelik verteenwoordig deur mnr Abrie Oosthuizen (voorsitter van die Federale Raad).

'n Sambreel teen die Karoo son.

Voor die saal

Vlag word gereed gemaak
Waarskynlik die hoogste eer wat ‘n Orania inwoner te beurt kan val: ‘n Orania vlag oor jou kis. Die vlag is by die graf aan een van prof Boshoff se dogters, Elizabeth van den Berg oorhandig.

Die kis kom die saal binne

Die kis kom by die graf aan
Na die emosionele diens is die graf op ‘n oop Dorpsraad bakkie na die graf vervoer. Oom Carel se wens was dat die begrafnis absoluut eenvoudig moes wees. Die kis, wat op Orania uit Jakarandahout vervaardig is, is doodgewoon met oranjekleurige bande in die graf laat sak.

Drie kinders kyk na die graf

Ruikers en roosblare

Laaste eer
Soos die Boshoff tradisie loop (en ook van baie ander Afrikaners) gooi eerstens familie en daarna vriende die graf toe as laaste eerbewys, ook in hierdie geval as simbool van eie arbeid.