Maandelikse Argief vir September, 2011

Jeugbyeenkoms

Oewergeboue vanaf rivier

‘n Elftal Orania Jeugbeweging lede het hierdie naweek ‘n byeenkoms op Orania gehou. Hulle verteenwoordig twee universiteite en het ‘n mini-kongres bygewoon, cantus gehou, en net voor hulle vertrek ‘n heerlike ontbyt genuttig tydens ‘n vlotvaart op die rivier. Van hulle was reeds voorheen op Orania, maar selfs die nuwelinge kon lekker saam gesels oor die weldeurdagte plan wat reeds hier ten uitvoer gebring word. Belangstellendes kan Jaco Kleynhans skakel by 053 2070 057.

Funksie op Potchefstroom

Die Vriende van Orania in Potchefstroom bied op Vrydag 30 September 2011 ‘n geselligheid aan waartydens ons gaan gesels oor Orania, die ontwikkeling op die dorp die afgelope tyd, die lewe daar en ons gemeenskaplike ideaal van ‘n plek vir die Afrikaner.

 

Die besonderhede is as volg:

 

Gespreksleier: Mnr. Jaco Kleynhans (HUB Orania Beweging)

Datum: 30 September 2011

Tyd: 18h30

Plek: APK Kerksaal, Kerkstraat (Walter Sisulu straat) 371, Potchefstroom

Prys: R70 per persoon (t-been ete en nagereg)

RSVP: 23 September 2011 by Christo Conradie (082 955 3002)

 

Laaste insette vir Desember vakansieprogram

Die amptelike vakansieprogram vir Desember se beplanning gee sy laaste stuiptrekkings. As jy nog idees of versoeke het kan jy my gerus laat weet sodat ons oor 7-10 dae kan finaliseer. Moet dit net nie mis nie!

Elsabe se pergola

Hier bedink en hier gebou

Mev Elsabe Theron is lief vir plante en lief vir mooi goed. Soos elke Orania inwoner moes sy self beplan vir ‘n nuwe soort mooi wat prakties, slim en produktief is. Sy het hierdie prieel of pergola bedink en toe gevra of iemand op Orania dit kon bou. Nie alleen is dit gebou nie, maar sy het ook toegestem dat haar idee bemark kan word! Haar twee modelle staan reeds in haar voorhof, klaar met druiwelote geplant. Dink jouself die prentjie oor 4 jaar in!

Gedenklesing

Die 36 ste HF Verwoerdgedenklesing het op Vrydagaand 16 September 2011 plaasgevind en is gelewer deur dr Wynand Boshoff. Op die foto hierbo verskyn hy saam met sy eggenoot Esme en dogter Anna, asook mej Annatjie Boshoff wie ‘n sekretaresse van die Verwoerds was.

Dr Boshoff is ‘n Verwoerd nasaat en het onderwys studeer, en daarna ‘n Magister in volhoubare landbou, asook  ‘n Doktoraal in kurrikulumstudies voltooi. Die tema van sy lesing by hierdie geleentheid was “Die lewegewende krag van ‘n ideaal – mits dit aangegryp word – en die onmag van mag: “Tweede” Afrikaners se suksesse en mislukkings.

Die lesing was ‘n stimulerende en uitdagende kyk na die Afrikaner se geskiedenis en dr Verwoerd se invloed daarop. Dit is by die Orania Beweging beskikbaar teen R30 per kopie plus posgeld.

Orania verkeersknoop

Verkeersknoop

Ons het gister op hierdie twee voetgangers afgekom en moes help besluit wie loop eerste: steenbok of likkewaan. Die hardste byter het gewen! Likkewane is skaarser as steenbokke hier, maar dan het ons al tot 300 van laasgenoemde getel!

Ek is kwaai!

‘n Spertyd help

Kaal kombuis

Die saal wat ons van Waterwese ge-erf het, is ruim en goed gebou, maar het ‘n baie swak beplande en ontoereikende kombuis sover dit selfwerksaamheid betref. Gesprekke oor lang tydperke heen het nou vrugte gebaar en die Dorpsraad spandeer tans tyd en geld aan opknapping. Met die komende Burgervergadering (eerskomende naweek) wat die kombuis sal benodig, word dinge tans teen groot spoed gedoen, en sal daar sekerlik na ure ook gewerk moet word om klaar te wees. Daarop kan ons altyd reken waar ons eie, betroubare kontrakteurs gebruik word!

Chaos in die gang

Besoeker

‘n Jong enkelloper wat die RSA besoek, maak ook ‘n draai in Orania, en is nie baie optimisties oor die toestande in Europa nie. Jamie Dobb (23) is selfs bereid om sy toekomstige vrou in Suid Afrika te soek!

Skryf gerus aan hom en help hom Afrikaans leer, of nooi hom om by u te kom werk.

Onthou die bespreking oor grond!

Onthou die belangrike sessie oor grondonteiening deur ‘n bekende skrywer en regskenner, advokaat Peter ‘O Halloran van Botswana wat 10 September om 11:00 in die Orania Ouditorium plaasvind. Toegang: R650 en sluit verversings in. U MOET vooraf bespreek by 053 2070 057.

Jy kan binnekort ook….

Sit jouself in die sitplek

Daar word beplan om gedurende die Desember vakansieprogram vlugte in hierdie girokopter beskikbaar te maak. Voorlopig word dit tussen 15 en 31 Desember beplan, en die finale kostes sal later bepaal word. Die vlugte sal deur ‘n gekwalifiseerde instrukteur gedoen word, en sal volkome wettig wees. Inligting kan by Andre of Karin Coetsee by 053 2070 118 verkry word.

Daar gaan ons!