Maandelikse Argief vir November, 2011

Buiteblik op Bonsai kursus


Hierdie artkikel word hier weergegee met erkenning aan die Kimberley Bonsaiklub se nuusblad.

Vreesloos.

Freesmasjien

Staalsnymasjien

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

“Jy moet net nie bang wees vir die ysters nie”. Oom Piet Bornman is ‘n buurman van Orania op ‘n besondere groot besproeiingsplaas. Nadat die plaas se ontwikkeling meer as een boer gebreek het, het oom Piet dit opgebou tot ‘n pragtige saaiplaas. Hy was oor sy beste jare, en het gedurig gekla dat “sy rokkie te nou word” as sy liggaam nie kon byhou by sy vurige doendrang nie. Siekte het hom eindelik ingehaal, en sy seun Willem het oorgeneem. Willem het met ysters grootgeword, en ontvang nou nog jaarliks tegnici van Duitsland en help hulle met ontwikkelingswerk op veral stropers van ‘n baie bekende fabrikaat. Oom Piet het verskeie patente op stropers ontwikkel.

Willem se kennis en ondervinding word nou uitgewoed in ‘n uitstekende werkswinkel net ‘n paar kilometers van Orania af. Julle wat weet, sal die fotos verstaan.

CNC draaibank

Beheerpaneel

Brugbouers

Dit begin al lyk of ons niks anders kan doen as spog met uitbreiding en bouprojekte nie, maar dis maar in ons aard om te berig oor die mooi en die goeie-die res kan julle self kom kyk!

Hier word ‘n brug verbreed en ons hoop om dit reeds teen eerskomende naweek in gebruik te neem.

Onthou net hierdie kant bo!!

Messel gou die laste toe

Hiers 'n probleem!

So ja!

Seisoen van lees

Andreas du Plessis

 

Daar het in onlangse maande verskeie boeke uit Orania op die rakke verskyn. Eerstens het prof Carel Boshoff se boek Bepeinsinge oor die Tien Gebooie, die Geloofsbelydenis en die Onse Vader verskyn (Orania Beweging 053 2070 057), en nou het drie boeke uit die pen van Andreas du Plessis verskyn. Wat gaan ons kinders erf? is ‘n versameling verse, en Hoe openbaar God Hom aan die mens in die Ou Testament? ‘n navorsingswerk oor veral voorspellings uit die Ou Testament. Die derde is ‘n fotoverhaal (strokiesprent) van Jesus se lewe genaamd Die verhaal van Jesus-in woord en beeld. Hierdie boeke is verkrygbaar by Orania Skryfbehoeftes (072 518 9434) of die skrywer by 053 2070 194.

Dis egter nie die einde nie! ‘n Roman deur ‘n jong plaaslike inwoner is tans by die drukkers en ons berig eersdaags daaroor!

Nuwe Kerk se dak al op

Die eerste nuwe kerkgebou in Orania se dak is op! Maranatha hou ook op 9 en 10 Desember ‘n “Koringfees” om fondse in te samel vir die projek.

Die program:

Vrydag 9 Desember

08:00 Opening en herdenking van Gelofte van 16 Desember
08:40 “Koringbekendstelling” deur Streeksbestuurder van Graan SA
09:15 Program-aktiwiteite begin: perdry, skyfskiet, vertonings.
Ook inligting oor koring in Ouditorium
11:00 Koringtoer. Besigtig grootste stroper in die Karoo
13:00 Eenvrou vertoning (Y Potgieter)
18:00 Aandtoer na koringplaas

Saterdag 10 Desember

07:00 Bergfietse teen perde wedren
08:30 Koring ontbyt
10:00 Sterkmankompetisie
11:30 Koringtoer
13:00 Eenvrou middaguurvertoning
14:00 Binnebandresies in swembad
16:00 Fees afsluiting
19:00 Adam Tas

Sondag 11 Desember

10:00 Dankdiens in Gemeenskapsaal

Inligting: Willie du Plessis 083 417 5274

Betaal dit?

Wat kry mens as jy by die Orania Beweging aansluit? ‘n Groot vriendekring!

As buitewoner van Orania bied ons spesiale korting op alle aluminium en glas en relavante produkte aan Oraniers………………versprei maar die woord.

Lede kaarte sal getoon moet word vir die kortings.

By voorbaat dank.

Vernon da Ressurreicao 0724267563

TECH Glass & Aluminium  051-4489023

Bloemfontein tga@paco.co.za

Free State

9301

South Africa

http://techglass.yolasite.com/

Vordering met bouprojekte

Soos al die afgelope paar jaar die geval is, word steeds volstoom gebou, en ek wys graag ‘n paar nuwe projekte, en die vordering op andere.

Gegote huis

Oewer fase 2

Estellae

Nuwe strooihuis

Halt 'n Bietjie

Hoewe huis

Windskade 2011

Heining omgewaai

Dit kom voor asof ons baie gereeld berigte oor windskade plaas! Gelukkig is nie alle skade groot skade nie. Op die foto bo het ‘n heining wat tydelik bevestig is om die fondasies van die nuwe 3G toring omgewaai. Gelukkig het dit skaars ‘n uur gekos om weer op te rig. Net langsaan is ‘n muur van ‘n substasie omgewaai wat nog in aanbou is, en dit het goed ‘n dag se werk vernietig.

Stene word UITgedra!

Die ergste skade was egter ‘n stoepdak wat deur die rukwind heel afgewaai is en oorkant die straat neergegooi is! Daar tel skade in die duisende Rande.

Hele stoepdak afgewaai

Kyk waar is hy neergesit!

Aardskip neem vorm aan

Fondasie detail

Daar is voorheen berig oor die aanloop en begin van die Aardskip projek, maar dit raak nou interessant met detail wat sigbaar begin word. Op hierdie foto kan gesien word hoe die fondasie en aanliggende vulling van die res van die grond agter die huis geisoleer word deur gehersirkuleerde bottels vol lug. Die tweedehandse sakke wat vol grond gemaak word en gebruik word as stene is ook sigbaar. Tydens die amptelike vakansieprogram word begeleide toere deur die bouwerk onderneem, en vrywilligers kan ook help met bouwerk.