Maandelikse Argief vir Januarie, 2012

Selfwerksame kokke

Gasvryheidsstudies behels ook praktiese sessies, en hierdie drie graad 6 studente (toevallig manlik!) het ‘n paar inwoners genooi om te kom proe aan hulle werk. Hulle kon ook inligting verskaf oor voedselgroepe, en dit het die ete maar minimaal beinvloed! Geen ernstige kritiek kon geopper word nie!

Ons praat NOG strooi!

Ek glo Orania het seker nou die grootste aantal strooigeboue in die RSA! Hier word die fondasie gegiet vir mev Cornelia Holm se woning en ateljee van strooi.

Suksesvolle atletiek

Die CVO skool se kleuresport het toe presies gebeur soos beplan! Die fantasties-voorbereide baan (dankie aan Dorpsraad, ouers en personeel) het meegehelp om verskeie rekords te laat spat, en die meer as 300 atlete en 50 beamptes van 4 besoekende skole was dit eens dat dit ‘n goeie kombinasie van pret en ernstige atletiek was.

Amandels begin koers kry

Orania se amandelboere het gesamentlik ongeveer 3 000 bome wat nou begin dra. Proewe word nou gedoen met meganiese oesmetodes, maar dusver met min sukses (die bome se bas word beskadig) en nog werk is nodig. Die oes word voorlopig dus per hand versamel terwyl nog masjiene gebou word. Dan moet ook gekyk word na meganisering van verwydering van skedes en doppe, gradering, verpakking en dies meer.

Regmaak vir groot atletiek

Komende naweek is daar weer groot skole atletiek in Orania. Die CVO skool se kleuresport vind Vrydag en Saterdag plaas, met 4 besoekende skole en ‘n totaal van ongeveer 300 atlete. Voorbereidings is volstoom aan die gang met skraap, rol, uitmeet en bane verf wat baie tyd verg. Dit is ook nou ‘n goeie tyd om erkenning te gee aan ouers, personeel en die Dorpsraad vir bystand. ‘n Omwoner wat die roller beskikbaar gemaak het op baie gunstige terme moet veral bedank word!

Wat gaan aan op die son?

Een van ons lede het ons aandag gevestig op die berig en foto van http://www.spaceweather.com/

ALMOST-X FLARE AND CME (UPDATED): This morning, Jan. 23rd around 0359 UT, big sunspot 1402 erupted, producing a long-duration M9-class solar flare. The explosion’s M9-ranking puts it on the threshold of being an X-flare, the most powerful kind. NASA’s Solar Dynamics Observatory captured the flare’s extreme ultraviolet flash.

The Solar and Heliospheric Observatory (SOHO) and NASA’s STEREO-B spacecraft detected a CME rapidly emerging from the blast site: movie. Analysts at the Goddard Space Weather Lab say the leading edge of the CME will reach Earth on Jan. 24 at 14:18UT (+/- 7 hours). Their animated forecast track shows that Mars is in the line of fire, too; the CME will hit the Red Planet during the late hours of Jan. 25.

This is a relatively substantial and fast-moving (2200 km/s) CME. Spacecraft in geosynchronous, polar and other orbits passing through Earth’s ring current and auroral regions could be affected by the cloud’s arrival. In addition, strong geomagnetic storms are possible, so high-latitude sky watchers should be alert for auroras.

Ek het prof Matie Hoffman van die Vrystaatse Universiteit se mening gevra oor die implikasies vir ons in die RSA:

“Die uitbarsting het reeds Maandag om 03:59 (UT) uitgebars, m.a.w. 05:59 ons tyd. Die verhoogde ultraviolet strale sou dus reeds gister oggend hulle laat geld het aangesien die lig net 8 minute neem om die aarde vanaf die son te bereik. Die koronal massa-uitwerping (coronal mass ejection of CME) neem egter heelwat langer en dit sal ons vandag teen ongeveer 14:00 (UT) of 16:00 ons tyd bereik. Daar sal meer bestraling weens protone kan wees, maar dit is darem nie ‘n klas X uitbarsting nie. Ek sal nou nie lank buite gaan staan om te wys hoe dapper ek is nie, maar as mens nou moet rondbeweeg op pad huistoe of as deel van jou werk – dit is darem nie so erg nie.”

Bly maar binne: by ons is die son erg genoeg SONDER hierdie ekstra skop!

 

Vriendelike stem

Celeste van Niekerk

“Hoe lyk sy?” wil lede dikwels weet wanneer hulle deur ons vriendelike belsentrum-dame geskakel word. Celeste en haar man Dawie woon al ‘n jaar of twee in Orania en doen wat verantwoordelike ouers behoort te doen: hulle sorg dat hulle kinders ‘n goeie, sorgvrye, korrekte opvoeding kry.

Vakansie nou verby

Foto: Celeste van Niekerk.

Kinders se dae van sorgvrye pret (soos hierbo!) is weer ingekort nadat beide skole weer volstoom aan die gang is, maar daar is goeie rede voor! Werk is skaars en kompetisie straf-opleiding bly die sleutel.

 

Kindertrein

Dit lyk nou vir my na spanwerk, veral as MA die “span” is!

Voorbeeldige vroue

Ons het al meermale verklaar dat enige persoon wat WIL werk, op Orania geholpe sal raak. Dit sal nie noodwendig wees wat hy/ sy graag wil doen nie, maar dit sal kos op die tafel plaas.

Op die terrein van die Aardskip het nou ook ‘n vrou begin werk as handlanger, en na ek verneem hoef sy nie terug te staan vir die mans nie. Wonder of hulle werkstempo toegeneem het? Dan is hulle nog vol planne ook…