Maandelikse Argief vir Januarie, 2012Bladsy 2 van 2

Oestyd!

Die bome breek van swaar dragte

Pekans word in die winter ge-oes, maar somer het sy eie vreugde met amandels, perskes en vye wat tans gepluk word. Kyk net hoe breek die bome!

Die vyeboer het reeds ‘n mark, en amandels behoort hierdie jaar ‘n redelike oes aan te bied, sodat daar in Orania die moontlikheid bestaan om ook te ontpop as ‘n amandel verwerkingssentrum. Ons ondersoek nog die moontlikheid.

Rooi velskoene, rooi fiets

Marinda se uithangbord

Praat van karnavalgees! Ons vier in Maart ons mondigwording, en hierdie rooi fiets kry ons al reg daarvoor. Maar wat sou rooi fietse en kuikens met mekaar uit te waai hê? Rooi hakskene sou ek verstaan, ja…

Ons is haastig, dankie…

Ons bou self

Julle ken die storie van die boemelaar wat tussen Pietermaritzburg en Durban ‘n geleentheid van ‘n vriendelike motoris geweier het omdat hy “haastig is”…? Hierdie egpaar is ook te haastig om te wag vir ‘n bouspan, en het hulle bouwerk self aangepak. Hulle gebruik ‘n raam van ligte staal (“Light steel frame” ter wille van Google) wat hulle beklee, en dan beton en polistireen tussen die bekleding  giet. Ek sal graag wil sien hoe doeltreffend dit is met beide termiese massa en isolasie in een struktuur.

En dan weer daardie rooi…hier kom beslis groot fees in Maart!

Vriende in koue plekke.

 

 

 

 

 

 

 

Van ‘n vriend in Rusland:

Dit wil vir my voorkom of daar ‘n wanindruk oor die algemeen is omtrent Orania. Dit blyk te wees dat julle net bloot die Afrikaner se belange beskerm en uitbrei – iets wat nie deur die regering gedoen word nie. Ek is baie opgewonde oor die idee.

Ons sal graag Orania wil kom besoek met die kinders as ons weer in Suid Afrika is.

Ek  werk in Rusland naby Moscow. Die taal is baie moeilik maar as mens eers die Cyrilliese alfabet bemeester het, is dit makliker.

Heelwat woorde is baie soortgelyk aan Afrikaans (kognate) soos bv: park, banket, meubel, dame, ens.

Om te bestuur is ‘n ander tameletjie – die verkeer is so erg as wat jy kan kry (veral in Moscow) en dan moet mens nog ys en sneeu ook bemeester.

Dan is daar die mense se houding en mentaliteit. Hulle is aanvanklik redelik skugter vir volksvreemde mense – maar as hulle jou eers leer ken en vertrou het, het jy ware vriende.

Hulle is ook baie slim & geskoolde mense, maar leef nog redelik eenvoudig – amper soos iets uit die 80′s uit. Daar is ‘n groot gaping tussen jonk en oud – modern versus sosialisties.

Hulle is baie lief vir kinders en die familie as ‘n eenheid. Baie moeite word gedoen om kultuur en samesyn te bevorder.

Die temperatuur wissel in die winter van 0 grade tot so -35.

Na al die harde werk!

Geluk!

Kry jy haar naam?

 

 

 

 

 

 

 

 

Die twee Orania skole berig soos volg:

CVO skool:

Tien kandidate behaal 6 A’s en 16 B’s. Ons wil die personeel bedank vir hulle harde werk en insette om die uitslae moontlik te maak.

Onderskeidings:

Daniel  Louw:  Onderskeiding Wiskundige Geletterdheid en gemiddeld 72.57%
Beste vir Meganies (69)

Shayne Louw:    Onderskeiding Gasvryheid en gemiddeld 68.28%

Heinrich Schmidt:   Onderskeiding Wiskundige Geletterdheid en gemiddeld 69.28%

Nanette van der Bout:   Onderskeiding in Rekenaar Toepassingstegnologie en Wiskundige Geletterdheid en gemiddeld 71.14%

Danie Zwiegers:     Onderskeiding in Wiskundige Geletterdheid en gemiddeld 63.71%

Dus 6 onderskeidings en 16 B’s uit 10 kandidate.

Een kandidaat  kort 1% om Afrikaans te slaag met kondonasie. Ons gaan die vraestel laat hermerk en kontroleer – my ervaring is dat hy dan sal slaag. In daardie geval het ons weer ‘n 100% slaagsyfer.

Hannes du Preez.

Volkskool:

Veertien van Volkskool se leerlinge het die Nasionale Senior Sertifikaat verwerf.

Nege leerlinge het die Departementele eksamen geskryf en een onderskeiding in Lewensoriëntering is verwerf.

Agt leerlinge het die ERCO ( Eksamenraad vir Christelike Onderwys) eksamen geskryf en daar is vyf onderskeidings behaal: 2 in Wiskundige Geletterdheid, 2 in Lewensoriëntering en een in Engels.

Die ses residensiële leerlinge het almal die departementele eksamen geskryf en Volkskool se rekord van ‘n honderd persent slaagsyfer oor die afgelope twintig jaar volgehou.

Van die Afstandsleerlinge het drie die departementele eksamen geskryf en sewe die ERCO-eksamen. Afstandsleerlinge kies dikwels die tuisskoolopsie omdat hulle onder moeilike persoonlike omstandighede gebuk gaan. Dit is prysenswaardig dat hulle so goed gevaar het met die eksamen.

Lida Strydom.

Van die kant van die Orania Beweging, sy lede en ondersteuners, en van almal wat hulself Afrikaners noem ‘n BAIE hartlike geluk aan beide die skole en die kandidate!

Nuwejaarsmyl

Dis ‘n ou tradisie om vroeg op Nuwejaarsdag ‘n myl wedloop te hardloop. Daar is diegene wat van spanning nie kan slaap nie, en vroegdag aanmeld en deelneem VOOR hulle gaan slaap;  sommiges dans die myl af na die Oujaarsdans, en andere gebruik dit as ‘n eerste nuwejaarsvoorneme om fiks te word. Hoe dit ookal sy, een ding bly konstant: die afsitter! Christiaan van der Merwe beklee hierdie ere-pos al jare lank, en hardloop (of stap) meesal sommer self ook die myl sodat hy die pryse aan die wenners kan uitdeel. En glo my, die standaarde is hoog!

Kyk net!

As iemand hulle sien, vra tog wat beteken hierdie simbool??