Dr. Dirk Hermann
‘n Repliek tydens die konferensie oor nuwe idees vir nuwe tye
9 Augustus 2008
Ek het my dogtertjies se skopfietsies ingepak vir ons besoek aan Orania. Toe ons hier stop het hulle uitgespring en hulle het hulle fietsies gegryp en in die straat ingevaar. Ek wou eers keer, maar my dogtertjie het my herinner dat hulle mag want: “Pappa, ons het bordjies gesien wat sê kindertjies mag in die straat speel.” Wat ‘n abnormale samelewing hier in Orania waar my kinders uitbundig in die straat kan afjaag. Lees verder ‘Orania en ‘n stad wat nog kom’
Frans de Klerk
Om te belê in dit wat nie ʼn monetêre opbrengs lewer nie
Daar is vandag seker min twyfel dat die Afrikaner voor enorme uitdagings te staan gekom het. Sedert 1994 is die Afrikaner van alle politieke mag gestroop, word sy voorbestaan bedreig deur grootskaalse emigrasie en ʼn groeiende misdaad aanslag en sy sosiale- en gemeenskapstrukture het in baie opsigte in duie gestort. Dit het onder andere gelei het tot groeiende armoede onder ʼn groot deel van sy bevolking.
Lees verder ‘Beleggings sonder monetêre opbrengs’
Carel Boshoff IV
Nuwe antwoorde vir nuwe tye
Saterdag 9 Augustus 2008 om 9:00 in die Gemeenskapsaal van Orania
Lees verder ‘Daarheen is ons op pad’