Maandelikse Argief vir Julie, 2009

Begin solank spit.

Orania bied elke jaar ‘n formele vakansieprogram gedurende Desember aan vir die talle vakansiegangers.  Hierdie jaar word beplan om ook ‘n tuinkompetisie te hou waarvoor alle tuine outomaties ingeskryf word, en waar besoekers gebruik word as beoordelaars!  Dit help natuurlik om ook die dorp te verfraai vir die vakansiegangers.

As enige persoon of instansie belang stel om pryse te borg, hoor ons graag van u!

Skakel met John Strydom by 053 2070 057.

Vasbyt!

As daar ooit ‘n dier was wat Orania se inbors vergestalt, dan is dit Rudolph, ‘n 4 jaar oue hond wat getrou aan sy leiband vasbyt en volg waar sy meester loop!  Selfs al raak die pad lank en moeilik, sal Rudolph eerder rem as los!  Ons kan met vertroue sê dat die meeste van Orania se inwoners op dieselfde wyse die stang vasbyt, en loop sonder dat hulle vasgebind word!

Rudolph is Attie Olivier se getroue vriend.

Rudolph die pligsgetroue.

Rudolph die pligsgetroue.

Melkbaard kry houtmure.

Gedurende Mei 2009 is berig dat toerisme op Orania melkbaard kry.  Daar is ook ‘n foto geneem van die fondasies van ‘n hotel wat op daardie stadium gelê is.  Nou, gedurende Julie 2009, neem die struktuur al vorm aan, en kan mens al begin droom.  Die fondasies van die beoogde restaurant word ook nou gegrawe.

As daar ooit twyfel was oor Orania se lewensvatbaarheid, is dit nou toegebou!

100_7389
Tagtig dae later!

Perdekoop is nie trou nie!

‘ n Stuk of twaalf telers en bestuurslede van die Bo Karoo telersvereniging van Nooitgedacht perde het onlangs op Orania ‘n seminaar gehou om ‘n geordende teelbeleid te formuleer.  Prof Carel Boshoff (self ‘n teler van Nooitgedacht perde) was die gasheer en bestempel die seminaar as aangenaam en produktief.

Jan van Riebeeck het reeds in 1654 perde vanaf Java ingevoer en gebruik.  Hulle afkoms was waarskynlik Arabierperde, en deur die jare het die sogenaamde Kaapse perd ontstaan.  Lord Charles Somerset het in ongeveer 1820 Anglo Arabiere ingevoer en die ras verbeter.  Soos die boere binnelnd toe getrek het, het burgers van Basoetoeland (Lesotho) ook van hierdie perde bekom en die Basoetoeponie het weens ‘n betreklik geslote genepoel ontstaan.  Hierdie perde was vasvoetig in die berge, relatief klein gebou, en was goed aangepas om naby mense te leef.  Gaandeweg het veral twee telers van hierdie ponies bekom en bloedlyne gevestig (die sogenaamde Cloete en Willemse perde).  In 1948 het min. SP le Roux opdrag gegee dat hierdie “inheemse” perde bewaar moet word, en dit het gelei tot teelprogramme op die landbou navorsingsplaas Nooitgedacht.  Hierdie kudde is in 1970 uitverkoop en die behoud en teelprogram was van daardie datum af in die hande van privaat boere.

Vertroue.

Wanneer beleggers glo dat hulle kan geld maak uit ‘n belegging, is dit waarskynlik een van die beste indekse van vertroue in enige besigheid of projek.

Daar is tans verskeie sulke aanduidings op Orania in die vorm van bouprojekte, en laasgenoemde is seker een van die duurste en onverplaasbaarste beleggings wat ten spyte van die swak ekonomie nog vertroue aandui.  Op die meegaande foto is die eerste van ses eenhede wat deur ‘n belegger beplan word volgens Orania se beginsels van energie-doeltreffendheid, arbeids-doeltreffendheid, en slim oppervlaksbenutting.  Die tweede eenheid is reeds byna voltooi.

Die Marnathie ontwikkeling.

Die Marnathie ontwikkeling.

Spreekbeurt.

Die Burgerraad is die gesagsliggaam van die Orania Beweging.  Op die vergadering van die Orania Beweging op 8 Augustus 2009 word Burgerraadslede weer verkies, en enige lid (wie se lidmaatskap vol opbetaald is) kan enige ander lid nomineer as raadslid.  Die genomineerde moet instem, gesekondeer word en voor 1 Augustus as sodanig deur sy/haar voorsteller by die kantore van die Orania Beweging as sodanig op rekord geplaas word.

Vir meer inligting kan u Lida Strydom skakel by 053 2070 057 of by redakteur@orania.co.za .

Die program vir die Burgervergadering word op die tuisblad verskaf, maar ons wil u versoek om die kantoor van die Orania Beweging in te lig van u voorneme om die vergadering by te woon.  Dit maak die begroting vir sitplek en verversings aansienlik makliker wanneer ons met bekende getalle besoekers werk.

Skakel met Driekie of Corraine by 053 2070 057.

The Ora as facilitator of SLED

The Ora as facilitator of sustainable local economic development in Orania

By Ronald Mears

Lees verder ‘The Ora as facilitator of SLED’