Dit is vir die Orania Beweging van groot belang om sy buitelandse ondersteuningsbasis deurlopend uit te brei. Dit is om hierdie rede dat die Buitelandse Vriende van Orania reeds etlike jare gelede tot stand gekom het om dit vir buitelanders moontlik te maak om by die Orania Beweging aan te sluit.
Vanjaar word skakeling met vriende in Europa nog ‘n stappie verder geneem wanneer Frans de Klerk, Uitvoerende Hoof van die Orania Beweging, verskeie lande in Europa vanaf 16 Maart tot 3 April besoek. Tydens hierdie besoek gaan daar gesprek gevoer word met politieke partye, kulturele verenigings, meningsvormers en lede van die Orania Beweging in die buiteland.
Vier openbare byeenkomste sal ook tydens die besoek gehou word om belangstellendes die geleentheid te bied om eerstehands meer inligting rakende Orania te bekom. Hierdie byeenkomste sal onderskeidelik plaasvind in België (Vlaandere), Nederland, Engeland en Duitsland. ‘n Besoek aan Suid-Tirool in die noorde van Italië is ook deel van die beplanning. Hierdie Duitssprekende gemeenskap is reeds vir dekades gewikkel in ‘n stryd vir die behoud van hulle kultuur en inskakeling by Oostenryk. Verteenwoordigers van die Orania Beweging sal ontvang word deur lede van die Suid-Tiroolse Volksparty, wat ook die regerende party in hierdie streek van Italië is.
“Afrikaners moet hulle bande versterk met hulle stamlande en ander Afrikaners wat tans in die buiteland woonagtig is,” het Frans gesê. “Ons het die ondersteuning van baie meer vriende nodig indien ons van Orania ‘n groot sukses wil maak”.
Die Europese skakeltoer in 2010 is in opvolging van ‘n vorige skakeltoer wat verteenwoordigers van die Orania Beweging in 2006 aan Europa gebring het. Frans de Klerk sal op die toer vergesel word deur adv. Rian Genis.
13:00 Saterdag 20 Maart 2010
Jaarvergadering van die Vrienden van Zuid-Afrika,
Antwerpen, Vlaandere.
Frans de Klerk tree as geleentheidspreker op.
Skakelpersoon: Jan van Aerschot
Tel:+32 (0)24 660 975
jan.vanaerschot@base.be
Toegang: Gratis. Ete @ €27 per persoon.
19:30 Vrydag 26 Maart 2010
Byeenkoms van die Buitelandse Vriende van Orania,
Veenendaal, Nederland
Skakelpersoon: Atella Botha (mev.)
+31 (0)62 9277 798
oranianederland@gmail.com
Toegang: Gratis. Ligte verversings
Orania Beweging Europese skakeltoer 2010 – Openbare byeenkomste.
14:00 Saterdag 27 Maart 2010
Byeenkoms van die Buitelandse Vriende van Orania,
London, Engeland
Skakelpersoon: Gawie Snyman
+44 (0)79 2148 3425
snymansboer@yahoo.co.uk
Toegang: Gratis. Ligte verversings.
20:00 Maandag 29 Maart 2010
Byeenkoms van die Buitelandse Vriende van Orania
in Frankfurt, Duitsland
Skakelpersoon: Aaron Kahland
+49 (0)17 2816 6457
aaronkahland@googlemail.com
Toegang: Gratis. Ligte verversings
Besprekings vir die bywoning van enige van genoemde byeenkomste moet by die betrokke skakelpersone gedoen word. Algemene navrae kan gerig word aan die Orania Beweging by oraniabeweging@orania.co.za of by telno: +27 (0) 53 207 0062