Ernst Kilian, ‘n ywerige atleet van Orania, het op Saterdag, 27 Februarie aan die Deloitte Marathon in Pretoria in die kleure van die Nedbank Klub deelgeneem.
Hy het met die afstand van 42,2 kilometer klaargespeel in 4:56:36. Daarmee het hy nie net ‘n silwermedalje verower nie, maar ook gekwalifiseer om aan die Twee Oseane Marathon deel te neem. Die marathon het ‘n moeilikheidsgraad van 4 gehad.
Mooi so, Ernst!
8 April 2010: Ernst en Marie het pas berig dat hulle beide silwer verdien het in die 5 km in die Twee Oseane marathon, en Ernst het brons verdien in die Ultra afdeling van die marathon!
Geluk weer!
