Orania Maatskaplike Raad
Die Orania Maatskaplike Raad (OMR) is gestig as ʼn instansie van vrywilligers uit en tot die gemeenskap van Orania.
Dit het uit ʼn klein Omgee-groep ontwikkel en bied ʼn geordende struktuur vir spontane omgee-aksies in die Orania-gemeenskap. Sekere bestaande instellings, wat belang by maatskaplike sorg het, word ook geakkommodeer.
Die OMR beywer hom vir ʼn gesonde gemeenskapslewe en is gegrond op die Christelike geloof in al sy doen en late. Doelstellings wat onder andere nagestreef word, is bestaansbeveiliging, gesinsbou, jeugsorg, die bestryding van skadelike gedragsvorme, asook voorkomende en opbouende aksies in die vorm van gemeenskapsontwikkeling.
Kontakpersoon: Ds Adam Boshoff
Tel. 053 207 0115