Werkverskaffing en verblyf

Algemeen
Finansiële dienste
Gesondheidsdienste
Maatskaplike dienste
Werkverskaffing en verblyf

Elim

‘n Paar jaar gelede het ‘n groepie begeesterde Oraniërs ingespring en die vervalle enkelkwartier in Kleingeluk begin opknap. Die doel met die projek was om opleiding en verblyf aan jongmense te verskaf wat hulle graag in Orania wil vestig. Vandag is daar reeds meer as R300 000 spandeer om ‘n aangename omgewing te skep waar meer as dertig jongmense gehuisves kan word. Die gebouekompleks word goed in stand gehou, tuine is aangelê, ontspanningsgeriewe is geskep en ‘n eetsaal en kombuis is gevestig.

Elim word bedryf op die basis van ‘n arbeidsburo en die jongmanne werk daagliks op verskeie plekke in Orania. Benewens opleiding wat gegee word in die bou- en landboubedrywe poog Elim ook om ‘n gees van selfstandigheid en verantwoordelikheid by die jongmense te kweek. Betrokkenheid by Orania as Christelike gemeenskap en kultuurgeleenthede geniet ook aandag.

“Die gebrek aan betroubare en produktiewe arbeid is een van die grootste struikelblokke in die ontwikkeling van Orania”, het mnr Danie van Rensburg, voorsitter van Elim Trust, gesê. “Met Elim wil ons graag ‘n bydrae lewer om jongmense trots te maak op handewerk en so weer ‘n geslag kweek wat nie skaam is om hande uit die mou te steek nie.”

Vandag is Elim ‘n integrale deel van die Orania gemeenskap, en huisves toenemend jong manne op wie die gemeenskap trots kan wees.  In hierdie verband is die rol wat Willie en Debbie du Plessis speel onontbeerlik.

Willie du Plessis, Bestuurder Elim
Selfoon: 083 4175274