Ondersteun die Helpsaamfonds

Maak nou ‘n bydrae!

Die Orania Beweging het die Helpsaamfonds tot stand gebring om veral hulp te verleen aan behoeftige en hawelose Afrikaners wat hulle na Orania wend as hulle laaste hoop.Orania wil graag uitreik na hierdie Afrikaners in nood. Huisvesting moet gevind word. Basiese behoeftes soos kos en klere moet voorsien word. Die kinders moet in skole geplaas word. Maatskaplike sorg is nodig. En die belangrikste van alles: werk moet geskep word. Vir ons mede-Afrikaners moet ons weer hoop en ʼn nuwe visie gee. Help ons om ons eie mense te help!