Daar gebeur meer op Orania as wat mens soms dink!
Kyk gerus na onderstaande en skakel 053 2070 057 as u meer inligting verlang (ons sal u verwys waar nodig).
Let asseblief daarop dat ou nuus vir ‘n tydperk gelaat word sodat u ook ‘n breë prentjie kan vorm van die aktiwiteite op Orania, en kan beplan vir volgende jaar!
Elke week:
Daar is elke Vrydagaand ‘n aandmark by die Kuierstoep in Kleingeluk. Aktiwiteit gedurende wintermaande is baie minder, maar gedurende die somer is dit ‘n gewilde kuier- en eetplek. Daar is egter reëls: net Orania produkte mag verhandel word, en slegs Oras mag gebruik word as betaalmiddel. Skakel vir Annatjie Joubert by 082 4608 167.
Saterdagaande is weer “fliek”! Ouer Afrikaanse films en kuns- of klassieke films word in die ouditorium vertoon deur die Orania filmvereniging. Skakel gerus vir Hennie Pelser by 053 2070 057
16 Februarie 2010.
Stigting van ‘n oorkoepelende sportraad. Ouditorium. Renus Steyn by 053 2070 064
27 Februarie 2010.
Majubadag. Ons herdenk die einde van die Eerste Vryheids-oorlog.
16 Maart tot 3 April 2010.
Vanjaar word skakeling met vriende in Europa nog ‘n stappie verder geneem wanneer Frans de Klerk, Uitvoerende Hoof van die Orania Beweging, verskeie lande in Europa vanaf 16 Maart tot 3 April besoek. Tydens hierdie besoek gaan daar gesprek gevoer word met politieke partye, kulturele verenigings, meningsvormers en lede van die Orania Beweging in die buiteland.
6 April.
Stigtingsdag: pret met nabootsings van van Riebeeck se landing! Sebastian Biehl by 073 164 9936.
30 April tot 1 Mei 2010.
Orania hou skou! Hennie Pelzer by 084 404 1904 is die skoumeester.
12 Junie 2010.
“Vonkelvrou” tee. Celeste van Niekerk by 082 719 1109.
29 Junie tot 8 Julie 2010
Java kursus teen R100 pp. Ludwig by 053 2070 029 of 073 134 9671
7 Augustus 2010
Orania Beweging se Burgervergadering
14 Augustus 2010
Vlieërdag: tuisgeboude vlieërkompetisie.
Thys Crous 078 516 3966.
14 Augustus 2010
Taaldagviering. Annabie Terblanche 053 2070 045 kantoorure.
28 Augustus 2010
Orania CVO landloop byeenkoms. Eerste wegspring 09:00
Adele Grotius 053 2070 177
27 September tot 2 Oktober 2010.
Die tiende Wetenskap en Kunstefees. Kursusse, loopbaan ekspo, Orania produkte, jong wetenskaplike ekspo, wetenskapspele.
Francois Joubert 082 453 5869.
Vorige jaar:
20 Mei 2009.
Volkskool Orania bied ‘n boeke-aand aan waar verskeie voorlesings aangebied word, asook ‘n boekeveiling (per kilogram!) ten bate van die skoolfonds. Dt gaan oa gebruik word om ‘n skooltoer tydens die September vakansie te finansier. Skakel 053 2070 161 vir besonderhede.
21 Mei 2009.
Die inwoners van Orania het vandag Hemelvaart gevier. By minstens een van die gemeentes is fees gevier met kosse tipies aan die Bybelse tye: kaas, brood, olywe, vye, dikmelk en dies meer.
22 Mei 2009.
Soos elke Vrydagmiddag word die boeremark by die Kuierstoep aangebied. Die vereiste is dat slegs goedere uit Orania daar verkoop mag word, en dat slegs die Ora as ruilmiddel gebruik mag word. Die Kleretrommel, waar klere gekoop kan word teen billike pryse omdat weldoeners dit skenk, sal ook oop wees. Terloops, die Kleretrommel het tans behoefte aan ‘n veelvlak skoenerak waarop skoene uitgestal kan word. Ook meubels (tafel, stoele ens) vir die deurgangsbehuising sal verwelkom word.
31 Mei 2009.
Dit is die dag waarop vrede gesluit is tussen Boer en Brit na die Tweede Vryheids oorlog. Op hierdie dag word die sg. “Bittereinders” ook herdenk vir hulle buitengewone vasberadenheid onder uiterste omstandighede.
Op Orania word hierdie dag luisterryk herdenk as een van ons unieke vakansiedae. Op 27, 28 en 29 Mei is daar ‘n uitstalling van die “verskroeide aarde” beleid tydens die oorlog, en op 30 Mei ‘n skyfskiet en saamkuier by die CVO skool.
Op 31 Mei sal daar ‘n vertelling en kranslegging by die Doornbult (Oranjerivier) konsentrasiekamp wees, en op 31 Mei ‘n gesamentlike erediens in die Orania Gemeenskapsaal.
Vir besonderhede kan Francois Joubert geskakel word by 082 4535 869
6 Junie 2009
Die APK hou ‘n dankfees in die Gemeenskapsaal en om 09h00 begin feestelikhede met gebak, groente en dies meer, en om 12h00 kan ‘n heerlike ete genuttig word.
Ds Adam Boshoff 053 2070 115
13 Junie 2009.
Kaskarkaskenades! Vanaf 10h30 op hierdie dag hou Volkskool ‘n prettige kaskar kompetisie wat elke span 10 Ora kos, en waarvan die opbrengs na die Helpsaamfonds gaan.
U kan gerus vir Charles Viljoen (083 279 3341) of Bernard Schumann (083 315 2298) skakel om te hoor of u rolstoel ook kwalifiseer!
26 Junie 2009.
Cha-Du-Brie is die naam van ‘n nuwe gastehuis wat op hierdie datum sy deure open vir besigheid. Skakel vir Lottie Erasmus by 082 349 3411 of 053 2070 019.
24 tot 27 Junie 2009.
Die BCVO se winterspele vir skole wat aan die groep behoort, vind plaas tussen 24 en 27 Junie te Magaliesburg (Hoërskool Bekker). Orania het 12 leerlinge wat daar deelneem as deel van die Noordwes span.
Die Orania Beweging maak van die geleentheid gebruik om sy ondersteuners daar te ontmoet by ‘n stalletjie wat hulle op 26 en 27 Junie gaan beman: maak gerus daar ‘n draai en ontmoet die inwoners, of kyk na die nuutste visuele beelde van ons Beweging. Skakel vir Hennie Pelzer by 084 404 1904.
4 Julie 2009.
Die NG Kerk op Orania bied ‘n T-beenete aan teen R50 en R20 (vir kinders) by die Volkskool Orania. Dit gebeur van 12 tot 2 uur en u kan Marietjie Venter skakel (053 20070 242)
8 Augustus 2009.
Vergadering van die Burgerraad van die Orania Beweging te Orania (program op die voorblad van die webblad).
14 en 15 Augustus 2009.
Dr Bets Bosman bied ‘n skryfskool aan op Orania ter viering van Taaldag (14 Augustus).
Saterdag 15 Augustus is haar tema vir ‘n openbare lesing: “Die belang van lees vir my kleuter”.
Skakel vir Francois de Vos by 053 2070 064.
15 Augustus 2009.
Orania CVO skool bied ‘n landloop program aan vanaf 10h00 die oggend. Ouderdomme vanaf onder 7 tot senior kan deelneem vir ‘n inskrywingsfooi van R30. Navrae aan A Grotius by 053 2070 177.
18 Augustus 2009.
‘n Kursus in kantoor-etiket word deur mev Andrea Mammes aangebied teen R250 per inskrywing. ‘n Beperkte aantal inskrywings word aanvaar. Datum moet nog bevestig word. Skakel met Frans de Klerk by 053 2070 057.
22 Augustus 2009.
Op hierdie datum vind die jaarvergadering plaas van die aandeleblok maatskappy wat Orania se woongebied uitmaak. Inwoners bespreek sake van gedeelde belang, en kies weer direkteure om hulle te verteenwoordig vir die volgende jaar.
19-25 September 2009.
Volkskool Orania se kinders onderneem ‘n seevakansie! Tel: 053 2070 161.
30 September tot 3 Oktober 2009.
Soos al die afgelope paar jaar, word daar weer beplan om ‘n Wetenskapfees aan te bied waar kinders kennis prettig en skouspelagtig kan opdoen. Ons maak gebruik van vrywillige kundiges om lesings en demonstrasies aan te bied, en ‘n Ekspo word ook beplan waar kinders projekte self beplan en opstel. Vanjaar se tema is “Volhoubaarheid in Orania”.
Van die kursuuse wat aangebied word is die gebruik van verskillende materiale by huisbou (oa herwinde materiaal), kaasmaak, medisyne, programmering, permakultuur, die ent van bome, radiowerk, wynbereiding, en vele meer. Skakel gerus vir Francois Joubert by 082 4535 869 en bied jou samewerking aan vir hierdie opwindende projek!
10 Oktober 2009.
Tweede Algemene Sangfees ter herdenking aan Heldedag (gereël deur Afrikaner Volkswag). Die program begin om 19:00 in die Gemeenskapsaal, en ‘n oorkonde word ook oorhandig aan mev Rina Wiid uit waardering vir haar aandeel aan die herstel en bewaring van die Oranjerivier konsentrasiekamp.
Ebert Terblanche kan by 082 4480 146 gekontak word vir besonderhede.
17 Oktober 2009.
Konferensie oor arbeid. Sien tuisblad vir besonderhede. Frans de Klerk 053 2070 057.
6 November 2009.
Die 34ste jaarlikse HF Verwoerdgedenklesing.
7 November 2009.
Burgerraadvergadering.
7 November 2009.
Klavierkonsert deur bekroonde pianis Benjamin Fourie. 19:00 in die Gemeenskapsaal (Ora30 per persoon)
Navrae: 053 2070 062
13 en 14 November 2009.
Die Orania Groeifonds Beperk en Orania se Sakekamer bied twee werswinkels aan met die klem op ontwikkeling van dorps-ekonomieë. Die VF plus Gauteng en Afsaal Eiendomme is mede borge. Dr Daan Toerien van die Universiteit van die Vrystaat se Sentrum vir Ontwikkelingsteun is die spreker, en Ebert Terblanche by Groeifonds@orania.co.za of 053 2070 082 hanteer besprekings.
14 November 2009.
Orania Sakekamer Konferensie. Gratis. 08:00 in die sysaal van die gemeenskapsaal.
Navrae: Andre Coetzee 082 464 1786.
12 Desember2009.
Op hierdie datum skop die amptelike vakansieprogram af met ‘n boeresport wat deur die Geloftefees komitee aangebied word. Die volledige program (wat tot na Nuwejaarsdag duur) sal gedruk word en aan belangstellendes beskikbaar gemaak word. Skakel 053 2070 057 vir meer inligting (John Strydom).


