Landbou

>Landbouprojekte…

Weens Orania se uiters gunstige klimaat en voldoende besproeiingswater was landbou-ontwikkeling van die begin af ‘n prioriteit.

Landbou op Orania word bedryf deur ongeveer 50 hoewe-eienaars. Die vernaamste sektore is pekanneutverbouing, lusernverbouing en kleiner bedrywe soos amandels, vrugte en wild.

Van die totale besproeiingsgrond van 350 hektaar is meeste reeds  ontwikkel. Hierop is meer as 200 hektaar pekanneutbome gevestig. Gedurende 2002 is die eerste kommersiële pekanneut-oes van ongeveer 10 ton afgehaal, en in 2008 ongeveer 35 ton.  Gedurende die volgende 10 jaar sal al die bome in produksie kom. Aangesien die verbouing van pekanneute op die uitvoermark gerig is, behoort dit heelwat buitelandse valuta vir Orania in te bring.

Orania se boere plant ook van tyd tot tyd graan as wisselgewasse en behaal goeie oeste onder besproeiing.

Van Orania se boere het ook die leiding geneem met die vestiging van lusern onder drupbesproeiing. Daar is reeds 10 hektaar lusern op hierdie wyse gevestig. Verskeie boeregroepe het Orania al besoek om hierdie unieke besproeiïngstelsel te besigtig.

Uitvoerspanspek en waatlemoene word geplant wanneer pryse dit regverdig, en ‘n pekankwekery lewer nuwe plantmateriaal.

Die waterbelange van Orania se boere word verteenwoordig deur die Vanderkloof Watergebruikersvereniging. Die Watergebruikersvereniging beheer ook die hele besproeiingstelstel.

100_6869