Bestuursdienste

Ontwikkelingsforum Sakekamer Bestuursdienste

ORANIA BESTUURSDIENSTE (EDMS) BPK
Ontwikkelingsmaatskappy van Orania
Kontakpersoon: Harry Theron
Tel: 053-207 0081 of 082 829 4597.

Orania Bestuursdienste (OBD) het in 1991 tot stand gekom onder leiding van prof. Carel Boshoff met die doel om die aankoop van Orania te finansier en te ontwikkel.

Dit bestaan uit 50 aandeelhouers met ‘n totaal van 100 aandele. Met fondse wat geïn is met die herverkoop van eiendomme is die plaas Vluytjeskraal kort daarna aangekoop. ‘n Pompstasie is by die rivier opgerig en ‘n pyplyn is aangelê om 400 hektaar te besproei. Dit het landbouontwikkeling moontlik gemaak wat tans ‘n bydrae lewer tot die vooruitgang van die dorp.

OBD het die dorp se bestuur en eiendomme oorgedra na sy eie bestuur, die Orania Dorpsraad, en ook die besproeiingsgrond na die belanghebbendes wat ‘n besproeiingsraad gevorm het. Sodoende het OBD daartoe bygedra dat twee onafhanklike maatskappye tot stand gekom het, sonder dat die moedermaatskappy enige vergoeding daarvoor gevra het.

Die uniekheid van hierdie maatskappy is dat die 50 aandeelhouers hierdie reuse projek gefinansier het sonder dat hulle enige rente of dividende op hulle kapitaal ontvang het. Voorwaar ‘n patriotiese daad! Alle inkomste van OBD word weer in Orania aangewend vir ontwikkeling.