Orania Juweliersgilde
Enkele jare gelede het Anje Strik Boshoff, Orania se eie goudsmid, ‘n droom gedroom. Vandag is die droom bewaarheid: Orania het sy eie Juweelgilde gekry – en fraai goetertjies groei uit vaardige hande, kunswerkies wat tot ver buite die landsgrens met vreugde gedra word!
Maar nog drome wag op vervulling: om ‘n groot juweelbedryf te vestig en om nog meer mense in die bedryf op te lei.
Die Juweliersgilde bestaan tans uit Anje (goudsmid) en Roelien de Klerk (goudsmid) – nogal ‘n gedugte kombinasie. Nou soek die gilde nog na ‘n slyper.
Verskeie mense is al deur Anje opgelei, maar almal is nie in die bedryf nie. Van Anje se juwele is al aan Hollanders, Engelse, Spaanse toeriste, Amerikaners, Swede, ‘n Fransman en mense uit Mosambiek en België verkoop.
Die gilde se werkplekke is gewilde kuierplekke vir al meer toeriste wat Orania besoek. Die lede se belnommers is: Anje (053-2070236), en Roelien (053-2070282).