Outeur Argief vir admin

Bouwerk versnel

Karoohuisies in aanbou.

Karoohuisies in aanbou.

Weens drasties toenemende aanvraag het Orania se bou-aannemers ag geslaan en daar is tans ongeveer 8 bouspanne besig met tien of meer bouprojekte.  Vir elke smaak word voorsien, en behalwe vir enkelwoonstelle is daar toenemend huise beskikbaar.  Dalk tyd om te kom kyk?

Skou 2010 – Deel 2

Die elfde Orania skou was ‘n heerlike pretfees in volmaakte weersomstandighede.  Eers moes daar ‘n raserige optog plaasvind:

Wat is 'n optog sonder balonne?

Wat is 'n optog sonder balonne?

Dan moet mens kos in jou maag kry:

Linda en Ampie beman die NK Kerk se kerrie stalletjie.

Ampie en Retha beman die NK Kerk se kerrie stalletjie.

Nou is dit tyd vir die sterkman kompetisie:

100_2894

Maak tog los die brieke!!

En ook die sterkVROU kompetisie:

Lise Coetzee KAN al klaar!

Lise Coetzee KAN al klaar!

En kyk wie was ook op die skou:

Roelien en Margaret by die CVO stalletjie.

Roelien en Margaret by die CVO stalletjie.

100_2855

En so eindig die eerste dag van die skou, maar nog een slapie en ons begin weer!

Skou 2010 – Deel 1

Die dag begin vroeg met ‘n fiets versus perd resies oor 10 harde kilometers.  Behalwe vir een jaar het die perde nog elke jaar gewen, maar hierdie jaar het ons ‘n fikse fietsryer en enigiets kan gebeur:

Charl het geoefen en wag gespanne!

Charl het geoefen en wag gespanne!

Maar die perde gaan nie sommer skrik vir voorkoms nie.

Carel weet hoe ver 10 Km is!

Carel weet hoe ver 10 Km is!

Maar op die end was Gabriel en sy perd die wenners met ‘n rekordtyd vir die nuwe baan!  Selfs ‘n paar dapper jongmanne het deelgeneem en ons trots gemaak op ons toekoms.

Van wenners gepraat: die Bewarea se stalletjie het WEER die “Beste stalletjie” toekenning gekry: geluk!

Daar was darem ander oulike stalletjies en mense ook:

sonja-erasmus-en-driekie-de-jong-100_2750

Driekie hang balonne op.

Anje wys ons kan selfs staan en "rekenaar"!

Anje wys ons kan selfs staan en "rekenaar"!

Rudi en Christiaan by Radio Orania se stalletjie.

Rudi en Christiaan by Radio Orania se stalletjie.

Die skou is verby en Sonja blaas balonne af!

Die skou is verby en Sonja blaas balonne af!

En daarmee gegroet tot volgende jaar se vrolikheid!

Versamelde wyse woorde

Drie dinge is nodig as die Afrikaner wil oorleef in Afrika:

1.    ‘n Eie grondgebied.
2.    Eie instellings.
3.    Eie arbeid.
(Prof Carel Boshoff.)

Ons sal die lewe op Orania passievol moet aanpak.  Dis te laat vir effentjies.
(Lida Strydom)

Saam maak ons Orania sterk.
(Manie Opperman)

Elke inwoner sou aan duisend redes kon dink waarom hulle oorspronklik nie kon kom nie.  Hulle het egter een belangrike rede gevind en gekom.  Wat gaan jy doen?
(Lida Strydom)

Elkeen wat in hierdie tyd nog buite Orania woon doen dit op eie risiko.
(Carel 4 Boshoff)

Afrikaners is ontplek, hulle voel vervreemd.
(Dirk Hermann.)

Die tyd was nog nooit so ryp vir die Oraniagedagte nie!
(Frans de Klerk)

In Maart 1990 sê prof. Boshoff tydens ‘n vergadering op Remhoogte,  Stellenbosch:
“Die swart arbeidsmag in Suid-Afrika het die vryheidsmag vir swartmense geword.”

As ons soveel verstand soos ‘n gans het, sal ons ook ‘n eenheid vorm en dié navolg wat in dieselfde rigting as ons beweeg.
(Andre Coetsee)

Ongelukkig moet ons vandag erken dat die sukses van die Afrikaner in die eerste helfte van die twintigste eeu, ook gelei het tot van sy grootste mislukkings in die tweede helfte van die twintigste eeu. Die geslag wat die vrugte gepluk het van die opofferings van vorige geslagte was en is nie in staat om hul verantwoordelikheid teenoor hulle eie mense na te kom soos voorheen nie.

(Frans de Klerk)

Hiér is anderkant die kla

- Beeld

Orania het baie om te wys. Kom kyk maar self en besluit self, skryf Frans de Klerk, uitvoerende hoof van die Orania Beweging.

Laat in Desember het ’n bouspan in Orania hard gewerk om nog klaskamers vir ’n plaaslike skool gereed te kry.

Die nuwe klaskamers moes vir die nuwe skooljaar gereed wees omdat die skool nie meer genoeg plek het vir die toenemende aantal leerlinge in Orania nie.
“Teen die einde van die jaar gaan die koshuis ook vol wees,” sê die bekommerde voorsitter van die skoolbeheerliggaam.

“Gaan ons vanjaar genoeg geld insamel om ons koshuisgeriewe ook nog uit te brei?”

Nog ’n bouspan – by Orania se Oewerpark langs die Oranjerivier – kon in Kerstyd ontspan.

Hulle het reeds aan die begin van Desember die bou van ’n nuwe viersterhotel in Orania voltooi. Verskeie ondernemings in die gasvryheidsbedryf in Orania het hul beste vakansieseisoen tot dusver gehad. Die Orania Beweging se toergidse sal ook, soos die skool se bouspan, hul verlof in die stiller maande moet neem.

Al hoe meer toeriste het Orania die vakansietyd besoek. Sommige dae moes van die toergidse tot ses besigtigingstoere per dag inpas.

Afrikaners is ontnugter

Maar wat sê hierdie toenemende aantal besoekers? Laat ek sommer dadelik byvoeg: Hulle is nie snaakse mense nie, maar gewone Afrikaners. Die soort wat Saterdagoggende in Menlyn Park rondloop en die middag rugby gaan kyk op Loftus.

Baie van hulle het waarskynlik ’n swembad en ’n lekker strooidaklapa tuis (met apologie aan Pieter du Toit se rubriek).

Hulle sê hulle voel onveilig in Suid-Afrika. Hul lewensruimte word bedreig en die reg op ’n menswaardige bestaan word hulle ontneem. Hulle vind dit ongelooflik dat hul kinders in Orania vryelik kan beweeg en dat dit hier veilig is.

Mense vertel ons uit eerstehandse ervaring van moord, roof en ander gruwelmisdade, van munisipale dienslewering wat in duie stort, van regstellende aksie wat hul kinders ontneem van die reg op ’n regverdige toekoms en van Afrikaanse skole wat in die hof moet veg om hul voortbestaan.

Wyle Chris Louw het hierdie frustrasie wat toenemend onder baie Afrikaners heers, goed opgesom toe hy in Beeld geskryf het: “Kom ons wees eerlik en erken dit. Die toekoms is swart.”

Tim du Plessis onderskryf hierdie standpunt van Louw wanneer hy in sy jongste rubriek skryf: “ ’n Breër wordende stroom van ontnugtering en verwyt loop deur die wit en die Afrikaanse gemeenskap. En hy’s diep. Dis in die bo-klas, die middelklas en laer af.”

Anderkant die kla

Die groeiende gevoel van frustrasie en verbittering onder baie Afrikaners roep onmiddellik die vraag op wat Louw ook gevra het: “En as ons klaar gekla het?” Wat doen ons hieraan? Kan daar iets anderkant die “kla” wees?

Op hierdie vraag het daar die laaste tyd onder Afrikaners verskeie antwoorde na vore gekom.

Vir Antjie Krog, byvoorbeeld, is die antwoord eenvoudig: “Beg to be black.”

Vir die grondwetskrywers en politici wat by die oorgang in 1994 betrokke was, kan die probleem nie so groot wees nie. Ons het immers ’n modelgrondwet. Een van die beste ter wêreld. Op die een of ander manier sal redelikheid intree en ten spyte van die teendeel sal die Grondwet die werklikheid verander en nie andersom nie.

Dan is daar nog dié wat dink dat Afrikaners nie ’n reg het om oor hul eie toekoms besorg te wees nie, maar hulle “eerder aan die kant van die honger, arm en vertrapte massa (moet) skaar”, soos Du Toit skryf.

Baie ander sien bloot nie kans om ’n antwoord te ontwikkel nie en kies emigrasie.

Daar is egter ’n groeiende groep Afrikanerdenkers wat besef dat daar by die oorgang in 1994 fundamentele foute begaan is en dat ons ’n nuwe beeld oor Suid-Afrika sal moet ontwikkel.

Nie ’n terugkeer na die ou bedeling nie, maar ’n alternatief vir die huidige sentralistiese een wat besig is om ’n al hoe meer ongenaakbare vorm aan te neem. Breyten Breytenbach formuleer dit só: “Dit beteken dat gesprekke, aangevuur deur ’n morele en praktiese verbeeldingsvermoë, rondom die noodsaak van ’n opnuut geformuleerde Suid-Afrika – gegrond in ’n bestel van funksionerende federale deelstate, met dieselfde regte en moontlikhede vir almal – op alle vlakke aan die orde van die dag moet kom.”

In reaksie hierop skryf Lawrence Schlemmer: “Die voorstel (van Breytenbach) kom breedweg ooreen met die beste deskundige voorstelle vir die hantering van kulturele diversiteit.”

Koos Malan onderskryf ook die uitgangspunt wanneer hy sê: “Ek bepleit lank reeds dat die sentralistiese, grondwetlike orde waaraan ons uitgelewer is deur ’n federale bedeling reggestel word.”

Veilig en Afrikaans

In dié politieke denkruimte kry Orania sy beslag. Of die regering bereid sal wees om die federale karakter van die Grondwet uit te bou, bly ’n ope vraag. Verskeie gesaghebbende politieke kommentators het al opgemerk dat Suid-Afrika ’n opvolgskikking nodig het. In Orania word daar egter ’n de facto federale werklikheid geskep wat uiteindelik beliggaam sal moet word in de jure-erkenning. Hierdie werklikheid word onder andere beliggaam deur ’n nuwe volhoubare ekonomie op die grondslag van selfstandigheid te vestig, skole te bou, goeie en betroubare munisipale dienste te lewer en ’n algemeen veilige en skoon omgewing te skep waarin ’n gesonde gemeenskapslewe kan gedy.

Reeds by die ontstaan van Orania het die leierskorps geweet dat die dorp nie in isolasie kan voortbestaan nie. Daarom is daar ’n gesonde wisselwerking tussen die Orania-gemeenskap, sy omgewing en die res van Suid-Afrika.

Of dit nou is met die honderde toeriste en joernaliste wat Orania jaarliks besoek, skakeling deur sakemanne wat hulle produkte elders verkoop, gesprekke met leiers in die ANC (soos pres. Jacob Zuma en mnr. Julius Malema) of gereelde deelname aan die openbare diskoerse in Suid-Afrika.

Hermann Giliomee haal Jane Jacobs, die invloedryke Amerikaanse antropoloog, aan in ’n referaat voor die kongres van Solidariteit se Helpende Hand op 22 Oktober verlede jaar in Pretoria. In haar boek Systems of Survival sê Jacobs dat gemeenskappe wat daarin slaag om op lang termyn te oorleef, vir hulself twee dryfvere ontwikkel. Aan die een kant ’n beskermdryfveer wat daarop gerig is om die gemeenskap lewend te hou en sy waar- des en kultuurerfenis te laat oorleef. Aan die ander kant is daar ’n handelsdryfveer wat ’n gesonde ekonomiese welstand vir die gemeenskap verseker.

Hierdie twee dryfvere is dan ook Orania se dryfvere en dit verseker dat die dorp elke jaar reële groei aanteken.

Daar is baie wanopvattings oor Orania. Hierdie wanopvattings word versterk deur rassiste met hul eie agendas en politieke kansvatters wat met stellings soos “ons eis ’n derde van die land” die geloofwaardigheid van die Orania-gedagte ondermyn.

Hierdie kwaadwillige en soms kru politieke retoriek word baie keer deur gretige joernaliste onregverdig op Orania se brood gesmeer. Sedert sy ontstaan het die dorp hom konsekwent hiervan gedistansieer en sal steeds nie toelaat dat opportuniste sy billike en regverdige strewes ondermyn nie.

Staan daar nie geskrywe dat ’n boom geken sal word aan die vrugte wat hy dra nie? As ’n boom vrugte dra van ontwikkeling, veiligheid, gesonde bestuur, vooruitgang, ’n veilige Afrikaanse omgewing, werkgeleenthede vir baie arm Afrikanergesinne wat elders uitgestoot is en glimlaggende kinders wat die strate vol speel en in die swembad baljaar, is dié boom dan doodgebore?

Kom kyk maar self en besluit self. Orania het baie om te wys.

Arbeidskonferensie – 17 Oktober 2009

Die werklikheid van eie arbeid: lesse, waarnemings en moontlike oplossings vir Orania

Orania onderskei homself reeds vir agtien jaar van ander gemeenskappe in Suid Afrika deur die gebruik van eie arbeid. Hierdie beleid hou vele voordele vir Afrikaners in. Die geskiedenis het ons geleer dat eie arbeid die voorwaarde vir vryheid is. Terwyl Afrikaners in Suid Afrika nog afhanklik is van ander volkere om arbeid te verrig, sal hulle nooit ware vryheid kan beleef nie. Eie arbeid is die wese van Orania se bestaan en dit is ook die rede daarvoor dat Oraniërs reeds daagliks in vryheid leef.

Laai die volledige dokument af

In Diepte Maart 2009

Klik op die onderstaande skakel vir die artikel:

orania-in-diepte-mrt-091

Voorgrond Maart 2009

Klik asseblief op onderstaande skakel vir artikel:

orania-voorgrond-mrt-09

33ste HF Verwoerd-gedenklesing in die vorm van ’n gedig

Orania 7 November 2008

INLEIDING

OEWERS VAN DIE ORANJE

Hendrik bou damme
deur water geboei
dat landbou en handel
kan opbloei en groei
hy bemeester en vorm
die Oranjerivier
om water op lang=
termyn te bestuur

Lees verder ’33ste HF Verwoerd-gedenklesing in die vorm van ’n gedig’

In die lente van sy lewe

Prof. Louis du Plessis
33ste HF Verwoerd-gedenklesing
in die vorm van ’n gedig.
Orania 7 November 2008

Lees verder ‘In die lente van sy lewe’