‘n Rukkie voor sy dood het prof Carel Boshoff ‘n aandeel gekoop in ‘n plaaslike besigheid wat patente ontwikkel en vervaardig. Sy seuns het die aandeel oorgeneem, en sal saam met die vervaardiger by hierdie jaar se NAMPO uitstal. Glo my maar as ek sê dat jou beesboerdery heelwat makliker sal verloop met hierdie toestelle wat deur selfdoen-boere ontwikkel is. Gaan besoek en bemoedig hulle gerus!
Outeur Argief vir John Strydom
Ek staan telkens verstom om te sien hoeveel weldoeners kan opoffer vir ‘n goeie saak.
Een van hulle het aangebied om ‘n Moedersdagete voor te berei en aan te bied ten bate van Volkskool Orania se fonds. Hy en sy vrou het meeste van die werk gedoen, maar helpers het van die disse help berei, kelner of wasser gespeel, en die 60 plus gaste (byna) professioneel help bedien. Ook die gaste het bygedra deur hulle ondersteuning, en daarvoor is hulle gehelp om die Sondagslapie lekker diep te maak!
Ons kry op ‘n feitlik daaglikse basis oproepe van veral jonger mense wat dringend werk en blyplek soek. Van hulle is dikwels ankerloos, en die Helpsaamfonds probeer voorbly met veral gesubsidieerde woonplek. Nerina is die dameskompleks in aanbou, en songeysers word tans opgesit sodat loopkostes darem binne perke bly. Bydraers tot hierdie belangrike projek kan dus ook sien dat hulle bydraes sinvol gebruik word! Dankie!!
Die boufront is so aktief soos altyd, en ons hou vordering met belangstelling dop. Met elke voltooide huis staan daar nog ‘n monument vir Orania se weldeurdagte plan. Niks kom maklik nie, maar die vasbyters beskou dit as ‘n uitdaging, en algaande sal die middelorde ook begin om die pioniers op te volg, en binnekort is ons ‘n “doodgewone” Afrikanergemeenskap met politieke gewig!
‘n Noemenswaardige bars op die landbou-waterlyn het die pad laat lyk asof daar groot reën was, en die pad moes gesluit word terwyl die breuk herstel is. ‘n Paar jaar gelede kon selfs kleiner herstelwerk dae neem omdat toerusting en onderdele nie beskikbaar was nie. Deesdae gaan dit baie beter: hierdie herstelwerk is binne ‘n dag voltooi en ons is baie trots op ons tegniese span. Hulle toewyding maak ‘n groot verskil!
Ek is desperaat op soek na iemand wat ons kan help met die versorging van my pa. Ek het gewonder of daar miskien iemand is wat dalk sou belangstel om buite die grense van Orania te gaan werk. My pa woon in ‘n aftree oord in Brakpan, Gauteng. Hy is 88, is getroud, maar sy vroutjie, wat ook al 80 is, kan nie meer alleen na sy behoeftes omsien nie.
Ons is opsoek na ‘n godsdienstige, eerlike, Afrikaanse blanke dame wat by hulle kan inwoon en kan help met sy versorging en ook om sy vrou te help met die normale huishouding.
Indien u miskien van so iemand weet, kontak asseblief vir John dringend op 053 2070 057 en verwys “Erasmus”.
Wanneer is ‘n kuns-uitstalling suksesvol? Na my mening wanneer die gehoor dit geniet, verkope van kunswerke goed verkoop en dit waarde toevoeg tot ‘n gemeenskap.
Hierdie uitstalling van Cornelia Holm oor die langnaweek voldoen! Die uitstalling is aangebied by die Volkskool as deel van die langnaweek se feestelikhede, het 3 dae geduur en daar was tot op die laaste dag lewendige belangstelling!















