Restaurante

Oewer Restaurant

Die Oewer Restaurant is in die vakansieoord, Aan-die-Oewer geleë. Hulle beskik oor `n uitgebreide spyskaart en alhoewel hulle in biefstuk spesialiseer word daar ook heerlike seeskos bedien.

Besigheidsure:
Maandag tot Saterdag 07:30 tot 21:00
Sondae 07:30 tot 18:00
`n Heerlike buffetete word ook elke Sondag bedien

Kontaknommer: 053 207 0243

Dw-Plaaswerf

De Plaaswerf by Ou Karooplaas

Orania se eie delikatesse bakkery bied daagliks vars brode, quiche, pasteie, koeke en terte op hul rakke. Heerlike ontbyt en middagete word ook in die Europese styl café bedien.

Besigheidsure:
Maandae tot Vrydae: 09:00 tot 17:00
Saterdae: 09:00 tot 14:00
Sondae: Gesluit

Kontaknommer: 082 497 0531.

pienk-zebra

Die Pienk Zebra

Die Pienk Zebra bedien heerlike melkskommels, tuisgebakte broodjies, heerlike boeredisse soos afval en skaapstertjies en die heerlikste koffie. Die Pienk Zebra is in Stokkiesdraai WInkelsentrum en Avontuurpark geleë. Daar is ook elke Woensdag lewendige musiek en spesiale aanbiedinge.

Besigheidsure:
Maandae, Dinsdae en Donderdae 07:00 – 17:00
Woensdae, Vrydae en Saterdae 07:00 – 21:00
Sondae: Gesluit

Elke Woensdagaand is daar ‘n kunstenaar wat optree! Spesiale aanbiedinge op Woensdae!

Kontaknommer: 076 648 4962

Afsaal Bistro

Afsaal Bistro bied `n verskeidenheid geregte aan wat heerlike ontbyte en interessante disse soos egte outydse boontjiesop met lamsvleis of lendeskyf met mossels en roomkaassous, pinotage beesstert, Bo-Karoo slaai, heerlike burgers en sago poeding met kaneel en room.

Besigheidsure:

Winter:
Maandae tot Donderdae: 08:30 – 21:00
Vrydae en Saterdae: 08:30 – 23:00
Sondae: 10:00 tot 14:00

Somer:
Maandae tot Donderdae: 08:00 tot 22:00
Vrydae en Saterdae: 08:00 tot 23:00
Sondae: 10:00 tot 14:00

Kontaknommer: 053 207 0199

Teken in op ons e-nuusbrief
Kry al die Orania nuus eerste!
Ons respekteer jou privaatheid.