Instrukteur vir opleidingsentrum opgelei

Christo (1)Die afgelope week het Christo de la Querre sy sertifikaat as volwaardige instrukteur en fasiliteerder ontvang. Dit is deur die ETQA (Education and Training Qualifications Authority)-Seta geakkrediteer. Christo kan nou help om by Bo-Karoo Opleidingsentrum (BKO) messelaars op te lei en voor te berei vir hulle vaktoets. Christo sal ook later die jaar kwalifiseer as assessor en sodoende toenemend ʼn belangrike rol speel in die bemagtiging van mede-Afrikaners. “Christo het ʼn strawwe week agter die rug, hy het meeste oggende eers rondom drie uur in die bed gekom en moes baie werk in ʼn kort week afhandel,” sê Willie du Plessis, uitvoerende hoof van BKO. Joe van Eeden, eienaar van SKU-opleidingsentrum wat die opleiding aangebied het sê Christo het beslis ‘n aanvoeling vir opleiding en gaan ‘n groot bate vir Orania gaan wees.

Foto: Christo (middel) by Joe van Eeden en Jackie Louw van SKU-opleidingsentrum.

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde gemerk *

Time limit is exhausted. Please reload CAPTCHA.