Karnaval weer `n reuse sukses

Die pasafgelope Karnaval, waartydens Orania se 25ste bestaan as Afrikanergroeipunt ook gevier is, was `n reuse sukses. Woensdagaand het dit afgeskop met die Kaalvoetkonsert wat elke jaar baie goed deur die gemeenskap ondersteun word (Lees meer oor die konsert in die berig ‘Pragtrappe amptelik onthul’). Donderdagaand het die sanger, Stef Kruger tydens die jaarlikse Aand van Legendes opgetree. Hy is verantwoordelik vir die skryf van groot treffers soos Pennies op die spoor, Grassade en vele ander.
Vrydagaand se vuurwerkvertoning was weer `n hoogtepunt. Vanjaar is daar ook `n indrukwekkende lyndansvertoning aangebied. Vir die fikser feesgangers was daar `n aandwedloop aangebied deur Helpende Hand, asook `n Karnavalmyl wat die Saterdagoggend plaasgevind het.
Saterdagoggend het die feestelikhede vroeg begin met stalletjies, verfbal, `n meganiese bul en verskeie ander aktiwiteite. In samewerking met Helpende Hand het die Orania Dorpsraad vir die eerste keer `n skopfietsresies aangebied. Die kleintjies, wat in drie verskillende ouderdomskategorieë deelgeneem het, het dit omtrent uitgespook vir daardie eerste plek.

Die Karnaval is op `n hoogtepunt afgesluit met die Feeskonsert waartydens Pieter Smith en MD Greyling `n voorvertoning gelewer het, gevolg deur `n optrede met die res van die lede van Ses Snare. Daar is fees gevier oor wat die laaste 25 jaar bereik is, maar daar is ook beplan aan hoe Orania daarop moet voortbou. Die droom om die dorp in `n stad te ontwikkel moet waar word.

IMG_57830G0A9583 0G0A99650G0A9610

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde gemerk *

Time limit is exhausted. Please reload CAPTCHA.