Koring word nou geplant

Nuwe seisoen

Orania se landbou reflekteer nie die gewone in ons omgewing nie, maar daar is tog raakpunte: koring en mielies word op klein skaal in Orania geplant, maar oorheers die toneel buite Orania. Een van ons jong boere is hier besig om koring te plant. Die wolk in die agtergrond is mieliereste wat verbrand word voordat koring geplant word. Daar is egter heelwat boere wat gaandeweg die voordeel van “geen bewerking” of  “minimum  bewerking” besef en nie meer reste verbrand nie.

  1. 1 Gerhardus Thompson

    Dit is wonderlik om te verneem dat verskeie en noodsaaklike graan soorte verbou word op Orania (al os dit op ‘ kleiner skaal), dit moet nou ook net op ‘n latere stadium verwerk en bemark kan word vanuit Orania.

Laat jou Boodskap