Weens Orania se uiters gunstige klimaat en voldoende besproeiingswater was landbou-ontwikkeling van die begin af ‘n prioriteit.
Landbou op Orania word bedryf deur ongeveer 50 hoewe-eienaars. Die vernaamste sektore is pekanneutverbouing, lusernverbouing en kleiner bedrywe soos amandels, vrugte en wild.
Van die totale besproeiingsgrond van 350 hektaar is meeste reeds ontwikkel. Hierop is meer as 200 hektaar pekanneutbome gevestig. Gedurende 2002 is die eerste kommersiële pekanneut-oes van ongeveer 10 ton afgehaal, en in 2008 ongeveer 35 ton. In 2010 en 2011 is ‘n totaal van ongeveer 100 ton pekans in dop geproduseer waarvan ongeveer 95% uitgevoer is na China.
Orania se boere plant ook van tyd tot tyd graan as wisselgewasse en behaal goeie oeste onder besproeiing.
Van Orania se boere het ook die leiding geneem met die vestiging van lusern onder drupbesproeiing. Daar is reeds 10 hektaar lusern op hierdie wyse gevestig. Verskeie boeregroepe het Orania al besoek om hierdie unieke besproeiïngstelsel te besigtig.
Uitvoerspanspek en waatlemoene word geplant wanneer pryse dit regverdig, en ‘n pekankwekery lewer nuwe plantmateriaal.
Die waterbelange van Orania se boere word verteenwoordig deur die Vanderkloof Watergebruikersvereniging. Die Watergebruikersvereniging beheer ook die hele besproeiingstelstel.
