Daar is in Orania groot behoefte vir behuising. Die goedkoper huise het soms ‘n ontwikkelings-hupstoot nodig, maar die luukse segment is op sy eie besig om te bewys dat Orania bouers en infra-struktuur van gehalte het. Hierdie huis nader voltooiing en lok baie gunstige kommentaar uit van boukundiges, maar ook die publiek van buite Orania.

Mooi man!!!
Dit is wat Orania kort!!
Middelklasbehusing in die buiteland (eerstewereld)is oor die algemeen van ‘n baie laer standaard as in SA. Die huise is heelwat kleiner as en SA, van hout of kunsmateriale gebou. Boonop is huise in Australie, Nieu Seeland, Kanada en Amerika baie duurder as in SA.
As die huise in Orania van ‘n laer kwaliteit as die res van SA is betken dit dat dit in lyn met die eerste wereld is. Kleiner huise wat met goedkoper materiale (minder arbeidsintensief) gebou is, is die prys wat betaal word vir die afwesigheid van goedkoop arbeid. Daarmee is niks verkeerd nie gegewe die veligheid wat mens ontvang om in ‘n so omgewing te woon.
Orania moet egter in vele opsigte met huise in SA kompeteer en nie met die markte in eerste wereldlande nie, want meeste voornemende Oraniers het nog nie gesien hoe swak die behuising in die eerste wereld is nie. SA middelklas behuising stel ‘n internasionaal ongekende hoe standaard vir Orania om mee mee te ding. Dis belangrik dat Orania dit aan voornemende ‘immigrante’ uitwys. Miskien is ‘n fototentoonstelling van tipiese oorsese middelklasbehusing in orde, sodat voornemende Oraniers kan besef hoe die buitelandse alternatief lyk.