Orania Sterrewag

orania-sterrewag-logo

Is God nie hemelhoog nie? En aanskou hoe hoog die hoogste sterre staan.
Job. 22:12

Die Orania Sterrewag, as vennoot van die Orania Beweging, is ’n instelling vir amateur sterrekykers, sterrekundiges en astronome. Die Bo-Karoolugruim bied van die heel beste sterrekyk geleenthede in die wêreld en ons wil graag die Orania Sterrewag aanbied as die opwindende voertuig waar ons mense weer die grootheid van die skepping kan beleef.

Die Orania Sterrewag beplan om deurlopend die groot sterrekundige gebeure te volg, noteer en ook op film vas te lê.

Ons bied gereelde sterrekyk sessies aan met ons hoë-krag teleskoop en programmatuur, maar ook sessies waar ons in eenvoud op die naat van ons rug in die veld lê en verskietende sterre tel.

U kan deel word van die sterrewag deur aan te sluit as lid teen so min as R20 per maand. Dit stel ons in staat om ook hierdie amateur veld uit te brei tot ’n navorsingsgebied. Vir meer inligting stuur ’n e-pos aan sterrewag@orania.co.za

Kom raak saam met ons so ’n oomblik weg in die grootheid van ons hemelruim.

Orania Sterrewag

Ons plek in die hemelruim

Teken in op ons e-nuusbrief
Kry al die Orania nuus eerste!
Ons respekteer jou privaatheid.