Publikasies

Wierook-en-sigareWierook en Sigare is `n reisbeskrywing wat die leser na plekke soos Burma, Spanje, Kuba en Marokko neem. Die skrywer, Sebastiaan Biehl is `n navorser en toergids by die Orania Beweging. Hy stel ondersoek in na die plaaslike bevolking se geloof, politieke situasie en die manier waarop hulle hul kultuur uitleef. Kwessies soos etnisiteit word ook ondersoek. Orania word gereeld betrek wanneer Sebastiaan die afleiding maak dat ander volkere op hulle manier met soortgelyke uitdagings te doen kry.

Bestel Wierook en Sigare hier


boek-van-dorp-tot-stadVan Dorp tot Stad: `n Nuwe Strategie kom uit die pen van Frans de Klerk wat tans werksaam is as die uitvoerende hoof van die Orania Dorpsraad. Die boek verduidelik die verstedeliking van Afrikaners en hoe Orania se ontwikkeling na `n stad nodig is om hulle hierheen te lok. Die boek stel ook ondersoek in na `n vryheidstrewe in veranderende omstandighede.

Bestel Van Dorp tot Stad: `n Nuwe Strategie hier


boek-verder-as-vryheidVerder as Vryheid kan nie in een sin opgesom word nie. Dit is ‘n samevatting van Carel Boshoff se politieke en filosofiese denke, asook ‘n geskiedenis van die volkstaatstrewe en ‘n hedendaagse motivering daarvan. Ten spyte van die erns van die saak, naamlik die toekoms van die Afrikanervolk, maak die humorsin en die persoonlike staaltjies wat in die boek ingeweef is dit maklik leesbaar, ook vir iemand wat nie, soos Carel Boshoff, die volkstaatstrewe en Afrikanerskap met die moedersmelk ingekry het nie.

Bestel Verder as Vryheid hier

Teken in op ons e-nuusbrief
Kry al die Orania nuus eerste!
Ons respekteer jou privaatheid.