Rugby!

Daar was al voorheen pogings om rugby in Orania aan die gang te kry, maar

die huidige poging lyk of dit meer wind in die seile het. Die oefeninge gaan al ‘n rukkie aan, en truie is pas aangekoop, en die eerste wedstryd (twee verkorte Oraniaspanne teen mekaar!) het die afgelope Vrydagaand plaasgevind (nogal by spreiligte!). Die speelvakke is nog kort weens “fiksheid in aanbou” maar daar was oomblikke van uitstaande spel deur spelers wat duidelik al voorheen bal vasgehou het. Die aantal toeskouers was nogal verbasend, en belowe goeie ondersteuning sou die poging goed op dreef kom. Sterkte!

  1. 1 Mike

    Dit is regtig goeie nuus. ‘n Rugbyspan wat toer na soveel plekke moontlik, sal Orania se naam hoog hou en slefbeskikking bevorder. Die mense wat hierby betrokke is verdien net lof. Met hierdie soort vasberadenheid en visie twyfel ek nie meer oor die toekoms van ons afrikaners in SA nie.

  2. 2 Quintin

    Dankie John! Die manne geniet die klub se gees verskriklik baie en ons wil ook graag dit vir die hele gesin lekker maak deur op Maandae na oefening saam te eet en bietjie te kuier by Afsaal. Dalene-hulle maak bv. vanaand heerlike Carbonara vir slegs 25 ora pp. Ons hou een keer per maand ‘n klub braai saam die gemeenskap en moedig pa’s aan om hul seuns na die oefenings toe te bring sodat die kleinspan ook bietjie kan rondhardloop en balskop. Ons wil juis bulletjie rugby aan die gang kry vir die kleintjies.

    Dis belangrik om kompeterende rugbyspanne op die veld te sit, maar dis net so belangrik dat die hele gemeenskap betrek word sodat ons saam aan ons dorp se klub kan bou.

  3. 3 pieter

    ek doen hiermee aansoek vir die pos as afrigter. Grappie. Sal wel eendag O toe trek. P

Laat jou Boodskap