Volledige program vir Karnaval 2016

Ses snareVerskeie prominente kunstenaars het al hul buiging by die Orania Karnaval gemaak. Tydens vanjaar se feeskonsert wat op Saterdag 2 April plaasvind is dit die manne van Ses Snare se beurt om die feesgangers te vermaak. Hierdie akoestiese musiekgroep bestaan uit bekendes soos Pieter Smit, Blackie Swart en MD Greyling.  Alhoewel die feeskonsert rede tot groot opgewondenheid is staan die res van die feesprogram nie in die skaduwee daarvan nie. Die organiseerders van die Karnaval belowe ʼn program propvol aktiwiteite wat van kleuter tot bejaarde ure se vermaak sal besorg!

 

WOENSDAG 30 MAART
10:00 Onthulling van Kaalvoettrap – Kaalvoettrap ~ Lida Strydom
14:30 Kaalvoetkonsert: Die Klein Reus se droom word waar
Φ30 vir volwassenes en Φ15 vir skoolkinders – Gemeenskapsaal ~ Lida Strydom
19:00 Amptelike opening – Gemeenskapsaal ~ Chris Jacobs
19:10 Kaalvoetkonsert: Die Klein Reus se droom word waar
Φ30 vir volwassenes en Φ15 vir skoolkinders – Gemeenskapsaal ~ Lida Strydom
DONDERDAG 31 MAART
18:30 vir 19:00 Aand van Legendes: Stef Kruger – Banketsaal Φ120 per persoon –
Kaartjieverkope sluit 24 Maart – Toekenning van Klein Reus trofee
VRYDAG 1 APRIL
10:00 Huppelkind se tweede verjaardagviering – Huppelkind ~ Esna Schumann
14:00 Kinderaktiwiteite open – Feesterrein, gratis ~ springkastele en waterglybaan: bring droë
klere!
14:00 Meganiese bul open – Feesterrein – Φ10 per persoon
14:00 Landboubesigtiging – Orania Beweging ~ James Kemp
16:00 Karnavaloptog: Tema – Orania 25 Jaar – Dorpskantoor ~ Christo Conradie
17:00 Kwiltuitstalling in Feestent
17:00 Stalletjies open – Feesterrein
17:00 Verfbal – minimum Φ10 per spel ~ Herman Grotius
17:00 Herwinningsaktiwiteit vir kinders tot 12jr – VLV Stalletjie ~ Helpende Hand Orania
17:30 Helpende Hand Aandwedloop – Pêrellaan, agter Feestent ~ Johan Nel
20:00 Lyndansvertoning – Arena ~ Lida Strydom
21:00 Vuurwerkvertoning – Feesterrein ~ Frans de Klerk
21:30 Dans en kuier gaan voort.
SATERDAG 2 APRIL
07:30 Stalletjies open – Feesterrein
07:30 Kinderaktiwiteite – Feesterrein, gratis ~ springkastele en waterglybaan: bring droë klere!
08:00 Karnavalmyl: Wegspring: Dorpskantoor Φ5 per persoon ~ Anton Mostert, 082 951 7036
08:00 Kwiltuitstalling in feestent
08:00 Inkleurkompetisie: 2-4jr, 5-7jr, 8-10jr, 11-13jr, ope ~ Helpende Hand Orania
08:00 Danie Theron Perd-en-fietsren – inskrywings 07:15 – 07:45 by vertrekpunt, CVO-Skool.
Inskrywings Φ10 per persoon ~ Manie Opperman 083 225 8199
08:00 Meganiese bul open
08:30 Monkeynastics – Arena ~ Charles en Magda, 060 790 3794
09:00 Verfbal – minimum Φ10 per spel ~ Herman Grotius
09:00 Boeresport eier-in-die-lepel-resies – Arena ~ Helpende Hand
09:30 Boeresport Driebeenresies – Arena ~ Helpende Hand
09:30 Huisvlytdemonstrasie: Lapdecoupagé op ‘n artikel – VLV Stalletjie ~ Elise Snyman
10:00 Skopfietsiekompetisie: Kinders 3-5 – Atletiekbaan ~ Helpende Hand Orania
Kategorieë O/3, O/4 en O/5jr – Deelnemers bring eie skopfietsie.
Pryse per ouderdomsgroep: Eerste prys R500, tweede prys R300, derde prys R200
10:00 Boeresport stroopappel – Arena ~ Helpende Hand
10:00 Beoordeling Baardkompetisie – Arena ~ James Kemp
10:30 Skattejag – Arena ~ Helpende Hand
11:00 Modeparade van tradisionele klere vir kinders tot 18 jaar – Inskrywings tot 20 Maart by
Senbel – Arena: Verhoog – Helpende Hand Orania
11:30 Strooibaalboukompetisie – Arena ~ James Kemp
11:30 Volkspele vertoning met beesvelgooi en sweepklap ~ Vrystaat Streek
12:00 Monkeynastics – Arena ~ Charles en Magda, 060 790 3794
12:30 Demonstrasie: Kolwyntjieversiering – VLV-stalletjie ~ Elise Snyman
14:00 Koeksistereetkompetisie – Arena – Φ10 per persoon ~ Helpende Hand Orania
14:30 Boeresport: Kruiwastoot – Arena ~ Helpende Hand Orania
15:30 Huisvlytdemonstrasie: Versier ‘n konfytlepel met draad en krale – VLV-Stalletjie
~ Elise Snyman
15:30 Aankondiging van wenner van Kwiltkompetisie – Feestent. Prys geborg deur Bernina
Kimberley
16:00 Sterkmanvertoning – Arena ~ Frans de Klerk
16:30 Monkeynastics – Arena ~ Charles en Magda, 060 790 3794
18:30 Seremoniële opening van Feestent – Feestent
19:00 Feeskonsert met Ses Snare – Φ35 per persoon, skoolkinders Φ15 – Feestent
Wenners van stalletjies word bekendgemaak

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde gemerk *

Time limit is exhausted. Please reload CAPTCHA.