Wat gaan aan op die son?

Een van ons lede het ons aandag gevestig op die berig en foto van http://www.spaceweather.com/

ALMOST-X FLARE AND CME (UPDATED): This morning, Jan. 23rd around 0359 UT, big sunspot 1402 erupted, producing a long-duration M9-class solar flare. The explosion’s M9-ranking puts it on the threshold of being an X-flare, the most powerful kind. NASA’s Solar Dynamics Observatory captured the flare’s extreme ultraviolet flash.

The Solar and Heliospheric Observatory (SOHO) and NASA’s STEREO-B spacecraft detected a CME rapidly emerging from the blast site: movie. Analysts at the Goddard Space Weather Lab say the leading edge of the CME will reach Earth on Jan. 24 at 14:18UT (+/- 7 hours). Their animated forecast track shows that Mars is in the line of fire, too; the CME will hit the Red Planet during the late hours of Jan. 25.

This is a relatively substantial and fast-moving (2200 km/s) CME. Spacecraft in geosynchronous, polar and other orbits passing through Earth’s ring current and auroral regions could be affected by the cloud’s arrival. In addition, strong geomagnetic storms are possible, so high-latitude sky watchers should be alert for auroras.

Ek het prof Matie Hoffman van die Vrystaatse Universiteit se mening gevra oor die implikasies vir ons in die RSA:

“Die uitbarsting het reeds Maandag om 03:59 (UT) uitgebars, m.a.w. 05:59 ons tyd. Die verhoogde ultraviolet strale sou dus reeds gister oggend hulle laat geld het aangesien die lig net 8 minute neem om die aarde vanaf die son te bereik. Die koronal massa-uitwerping (coronal mass ejection of CME) neem egter heelwat langer en dit sal ons vandag teen ongeveer 14:00 (UT) of 16:00 ons tyd bereik. Daar sal meer bestraling weens protone kan wees, maar dit is darem nie ‘n klas X uitbarsting nie. Ek sal nou nie lank buite gaan staan om te wys hoe dapper ek is nie, maar as mens nou moet rondbeweeg op pad huistoe of as deel van jou werk – dit is darem nie so erg nie.”

Bly maar binne: by ons is die son erg genoeg SONDER hierdie ekstra skop!

 

  1. 1 Hennie

    Ek sal net graag wil weet waar Malema was tydens hierdie insident, gaan hy dalk nou te vêr!

  2. 2 Wouter

    Die son het ‘n siklus van 11 jaar wat wissel van baie stil (geen of min sonvlekke met minumum aktiwiteit)) tot baie aktief (baie sonvlekke en koronale massa uitbarstings). Die volgende Solar maksimum word verwag tussen 2012 en 2013.
    Dit is normaal en moet gebeur. Omdat ons nou die son meer ernstig bestudeer neem ons meer notiesie van die gebeure en watter invloed dit op lewe op Aarde het. Dit het ‘n invloed op ons, maar meer op tegnologie waarvan ons baie afhanklik geraak het.
    Die Son groei ook, die Aarde verander en pas aan – ons moet ook. dra sonskerm (SPF30+), moet nooit direk na die son kyk nie, dra ‘n wye band hoed…

    23Januarie se koronale massa uitwerping is nie uniek of iets nuuts nie – dit moet gebeur. En daar sal nog baie CME’s wees – of die Son is nie ‘n Ster nie; )

    Wouter vd Westhuizen
    Sterreklub van Orania

  3. 3 Arnold de Beer

    Hennie;
    Malema is nie so dom nie.
    Hy besoek die son net in die aand.

Laat jou Boodskap